Selfsorg in Langebaan

Serene House

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Uitstekend

Netheid
4.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.7
Diens
3.7
Veiligheid
5.0
Renita H
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Mei 2025

Everything was so calm and peacefull. This property exceeded our expectation. Everything was so calm and peacefull. This property exceeded our expectation. The house was very neat and modern.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elize G
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.4
Des 2025

ń Verleentheid wat beslis nie is wat die advertensie voorgehou het nie. Pragtige huis, maar word uiters swak bestuur en onderhou. Twee ure nadat ons oppad was na ons bestemming, ontvang ons ’n WhatsApp dat ons ons eie handdoeke moet voorsien. Dit was nog altyd standaard toerusting by die webtuiste en Airbnb-akkommodasie. Daarom het ons nie handdoeke ingepak nie en versoek dat handdoeke asseblief voorsien word. Hulle het egter net een handdoek per persoon vir sewe dae se verblyf voorsien. Geen handdoek is vir die gastebadkamer voorsien nie, en dié badkamer het geen handdoekreling of hak nie. Die ensuite-badkamer het ’n vloer rubbermat met skerp steeksels waarop geen mens kan trap nie. Dit lyk soos ’n buitemat. Geen seep is voorsien nie, en ons moes eers ons tasse uitpak voordat ons hande kon was. Die water in die ensuite-badkamer se stort dam op by die deur en vloei nie weg nie. Die water van die wasbak in die gastebadkamer en die prepbowl in die kombuis loop glad nie weg nie. Die geyser was by ons aankoms nie aangeskakel nie, en ons moes met groot moeite en na koue storte uitvind waar ons die geyser kon aanskakel. Die warmwaterkrane moet vir minute lank loop voordat die water warm word, en dit was hartseer om te sien hoe kosbare water vermors word in ’n droë omgewing. Die gasbraai was vieslik vuil, en ons moes sukkel om dit skoon te maak en aan te steek weens maande se opgehoopte vet en roes. Die buitebraai se deur maak moeilik oop, en die kolebak werk nie weens roes nie. Die plaveisel voor die buitebraai is bedek met ou vette en marinade. Die geyser in die motorhuis lek erg, en weens opgedamde water moes die kar eers uitgetrek word voordat passasiers kon inklim. Die meeste venetian-blinders is in ’n swak toestand. Die lemme (slats) is erg gebuig en maak dit moeilik om oop en toe te maak. Die huis was nie behoorlik skoongemaak voor ons aankoms nie, met verskeie spinnekoppe en spinnekoprakke in hoekies en verskeie vuil vensterbanke. Verskeie skuifdeure en skuifvensters maak nie behoorlik oop en toe nie, of werk moeilik. Die kombuis is minimaal toegerus — onder andere geen broodmes, geen smeermesse nie, en die messe is uiters stomp. Twee van die vleismesse wat ons as broodmes moes gebruik, se hewwe knak as dit gebruik word. Die buitevullisdrom was so vol by ons aankoms dat dit glad nie kon toemaak nie; dit het erg gestink van afvalkos, en miere was aktief in die drom. Die swembad se barracuda-skoonmaker het nie gewerk nie, en weens die erge wind op die dag van ons aankoms was die swembad oortrek met stof, blare en alles wat daar gewaai het. Ergste van alles is dat niemand ons tot vandag toe nog gekontak het om uit te vind of alles in die huis in orde was of gewerk het nie, of om instruksies te gee oor hoe om die geyser, televisie en WiFi te gebruik, of wanneer die vullis in die drom verwyder word nie. Die akkommodasie was ’n groot verleentheid nadat ons foto’s van die mooi huis met ons gaste gedeel het en ons baie uitgesien het na ons vakansie. Ons vertrou dit is nie die nuwe norme van die webtuiste nie, wie ons al dikwels in die verlede gebruik het!

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Yolandi T
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2024

Ontspanne, lekker gestap, lekker gerus en baie mooi uitsig geniet. Ons het heerlik gebly, alles en meer wat ons nodig gehad het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

Carmen Geverifieer

Eiendomme 6

Resensies 46

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
R 3 000
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 000
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 3 000
per nag (plek vir 8)
Bespreek

1112 Robbejacht Circle, Langebaan Country Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5aecd202fafc1afc78f590b6f1ea2ed4b711e8b1af66fd630fed791c0396978687b334abc6687f3a89dd7efae0fb211e7abe?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 000 per nag (plek vir 8) 3 5 1 5 1112 Robbejacht Circle Langebaan Country Estate 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.06719808225 18.047444893212
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang