+28
Gastehuis in Glencairn Heights

Simon's Town Guest House

  • Slaapplek vir 12 gaste
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 20 Bennett Close, Cairnside, Simon's Town, 7975, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Simon’s Town Gastehuis is ‘n 4-ster-gastehuis in die prentjiemooi dorpie Simonstad in Kaapstad. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en warm gasvryheid naby aan verskeie doendinge.

Die akkommodasie by Simon’s Town Gastehuis word aangebied in 5 suites wat stylvol gemeubileer is met pragtige see-uitsigte. Die kamers is ingerig met óf 2 ekstra-lengte enkelbeddens óf ‘n koninggrootte-bed. Die kamer het ook ‘n en suite-badkamer wat beskik oor ‘n bad, ‘n aparte stort, ‘n wasbak en ‘n toilet.

Die suites het ook gratis WiFi, lugversorging, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, 'n koffiemasjien, 'n ketel, 'n yskassie, kluis vir skootrekenaars, USB-koppelpunte.

Gaste kan ‘n heerlike Kontinentale ontbyt in die eetkamer, of in die binnehof wat wonderlike see-uitsigte bied, geniet indien hulle die ontbyt-opsies kies). Simon’s Town Gastehuis beskik ook oor ‘n gemeenskaplike sitkamer waarin gaste kan kuier en ontspan.

Daar kan in twee van die kamers (Shingwedzi en Joao) 'n ekstra enkelbed teen 'n ekstra koste voorsien word.

Daar is parkeerplek beskikbaar vir gaste se voertuie en die gastehuis is net 5 minute se stap van Glencairn-strand, winkels en restaurante af. Dit is ook net ‘n paar minute se ry na Boulders-strand waar die pikkewyne graag baljaar, sowel as museums, ander geriewe en doendinge al langs die Suidelike Skiereiland.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 8 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Engela V
Saam met lewensmaat
5.0
Great choice. Breathtaking views. Friendly staff and clean and beautiful rooms.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2026
Wina V
5.0
Heerlik. Pragtige plek. Uitstekend toegerus. Alles in Simonstad is maklik bereikbaar. Moeilike boonste parkeerarea vir groot voertuie.
Feb 2026
Sándor V
Saam met lewensmaat
5.0
Money well spent, will be back. Perfect place to go away for a weekend. I was helping my runners at the Red Hill 36 km running race. Be...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jan 2026
Duan S
Saam met lewensmaat
5.0
Very nice. Very nice, great service and the area is great as well.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Michelle V
Saam met lewensmaat
4.8
Goeie waarde vir geld. Gastehuis goed geleë met veilige parkering. Gastehuis ook baie skoon en netjies, goeie linne, personeel baie hulpvaardig en vri...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Amanda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 20 Bennett Close, Cairnside, Simon's Town, 7975, Wes-Kaap
  • Gaste dink Simon's Town Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek

20 Bennett Close, Cairnside, Simon's Town, 7975, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 12 gaste
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA150f20a888f6aab67661057dc3b85b3e88d4bb3e5e8b7b4369ea658d6864deceecac27b05fe156013d51bb430ffad68922c2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense 8 5 1 5 20 Bennett Close Cairnside 7975 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.162199898399 18.429427295923

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang