Simon's Town Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Simon’s Town Gastehuis is ‘n 4-ster-gastehuis in die prentjiemooi dorpie Simonstad in Kaapstad. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf en warm gasvryheid naby aan verskeie doendinge.

Die akkommodasie by Simon’s Town Gastehuis word aangebied in 5 suites wat stylvol gemeubileer is met pragtige see-uitsigte. Die kamers is ingerig met óf 2 ekstra-lengte enkelbeddens óf ‘n koninggrootte-bed. Die kamer het ook ‘n en suite-badkamer wat beskik oor ‘n bad, ‘n aparte stort, ‘n wasbak en ‘n toilet.

Die volgende geriewe word ook in die suites voorsien: gratis WiFi, lugversorging, ‘n TV met sekere DStv-kanale, ‘n yskassie met voorraad, tee- en koffiemaakgeriewe en ander luukshede vir gaste se gemak.

Gaste kan ‘n heerlike Kontinentale ontbyt in die eetkamer, of in die binnehof wat wonderlike see-uitsigte bied, geniet. Simon’s Town Gastehuis beskik ook oor ‘n gemeenskaplike sitkamer waarin gaste kan kuier en ontspan.

Daar is parkeerplek beskikbaar vir gaste se voertuie en die gastehuis is net 5 minute se stap van Glencairn-strand, winkels en restaurante af. Dit is ook net ‘n paar minute se ry na Boulders-strand waar die pikkewyne graag baljaar, sowel as museums, ander geriewe en doendinge al langs die Suidelike Skiereiland.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Simon's Town Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false