Tamboerskloof Penthouse Apartment
4 gaste
2 slaapkamers
2 beds
2 badkamers
- 4 gaste
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 24 Bond Street, Tamboerskloof, Cape Town, 8001, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Tamboerskloof Penthouse Apartment is 'n kontemporêre eenheid in Tamboerskloof en bied ongeëwenaarde 360 grade-uitsigte oor Kaapstad, asook op Tafelberg, Seinheuwel en Leeukop. Dit is die ideale opsie vir paartjies wat Kaapstad se skoonheid wil verken.
Dié woonstel het slaapplek vir 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, antieke klerekas en 'n plafonwaaier. Dit spog met 'n panoramiese uitsig oor die stad en op die omliggende berge en lei na 'n houtdek. Hierdie kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het ook 'n koninggrootte-bed, 'n plafonwaaier en groot vensters met 'n asemrowende uitsig oor die hawe, die stad en op Seinheuwel. Gaste in hierdie slaapkamer gebruik 'n aparte badkamer met 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas en 'n skottelgoedwasser toegerus. Die sit- en eetarea bied gemaklike sitplek en daar is 'n slim-TV met DStv-kanale, stroomtoepassings en gratis WiFi. 'n Studiekamer is ook beskikbaar.
Die woonstel lei na 'n balkon met 'n asemrowende uitsig op Seinheuwel, asook oor Kaapstad se hawe en die middestad. Daar is groot skuifdeure wat 'n binne- en buite-leefervaring bied. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar en sluit 'n aangewese parkeerplek agter 'n veilige hek in wat met 'n afstandbeheer toeganklik is.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 24 Bond Street, Tamboerskloof, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
24 Bond Street, Tamboerskloof, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
Sien kaart- 4 gaste
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang