- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 6 gaste
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 14 Suikerbos Way, Durbanville, 7550, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Terra-Nova Akkommodasie bied knus oornagverblyf op die eienaar se eiendom in Durbanville. Gaste het toegang tot hul eie geriewe asook 'n privaat ingang. Komplimentêre WIFI is beskikbaar.
Die Esme-eenheid het slaapplek vir 2 gaste, gemeubileer met 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die kombuisarea is toegerus met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe.
Die eenheid beskik ook oor 'n klein sitarea met 'n etenstafel met sitplek vir 2 en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Gaste het hul eie omheinde binnehofarea met buitesitplek en 'n ingeboude braai.
Die Julia-eenheid is 'n oopplan-eenheid met slaapplek vir 2 gaste. Die eenheid is ingerig met 'n koningingrootte-bed en bied 'n en suite-badkamer met 'n toilet, stort en wasbak. Die eenheid het 'n oopplan-kombuisie wat toegerus is met 'n ketel, mikrogolfoond, yskas-vrieskas en stoof. Ander geriewe in die kamer sluit 'n TV, 'n knus rusbank en 'n eetarea vir 2 in.
Die Maria-eenheid is 'n 1 slaapkamer-eenheid en bied slaapplek vir tot 2 gaste en is ingerig met 'n dubbelbed en bied 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en stort. Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond en stoof, en die eenheid beskik oor 'n TV, buitesitplek en 'n braai-area.
Daar is 'n toesluitmotorhuis wat veilige parkeerplek vir gaste in die Esme-eenheid bied. Die ander eenhede het parkeerplek buite beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Nico Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 14 Suikerbos Way, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
- Gaste dink Terra-Nova Akkommodasie het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
14 Suikerbos Way, Durbanville, 7550, Wes-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 6 gaste
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang