The Hout Bay Hideaway
- 9 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Soos Gesien op Facebook
- 37 Skaife Street, Hout Bay, Cape Town, 7806, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
The Hout Bay Hideaway bied gerieflike B&B-verblyf in Houtbaai. Dié klein, luukse oord is tussen die geelhoutbome, palmbone, wilde olywe en proteas geleë en het 'n uitsig op die berge. Die verblyf is net 1,7 km vanaf Houtbaai se strand.
Verblyf is beskikbaar in 3 suites wat op die boonste verdieping is en 1 eenslaapkamerwoonstel wat op die grondverdieping is.
Elke kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die kamers het antieke leunstoele, bokhaarkomberse, kunswerk, Turkse matte en antieke meubels van oral oor die wêreld. Die kamers het Franse deure wat na die dekke en stoepe lei waar gaste die uitsigte kan geniet.
Die tuinwoonstel is in die inheemse tuin geleë en het 'n privaat stoep. Die woonstel het 'n sitkamer met 'n bank, leunstoele en 'n etenstafel met stoele. Die kamer het 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed vir 'n derde gas.
Elke kamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, 'n DVD-speler, yskas, mikrogolf, WiFi en tee- en koffiemaakgeriewe. Japonne en bad- en strandhanddoeke word voorsien.
Gaste kan tussen die rotse en grotte van die tuin of onder die wingerde op die stoep sit. Daar is 'n sondek en 'n soutwaterswembad. Hout Bay Hideaway het braageriewe, veilige parkeerplek en 'n lughawependeldiens kan voorsien word.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 37 Skaife Street, Hout Bay, Cape Town, 7806, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
37 Skaife Street, Hout Bay, Cape Town, 7806, Wes-Kaap
Sien kaart- 9 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang