The Taj Private Self-catering Residence
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Wale Street, Cape Town, 8000, Wes-Kaap
- Vanaf R4 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
The Taj Private Self-catering Residence bied 'n elegante selfsorg-ateljeewoonstel in die hartjie van Kaapstad oorkant die bekende Kompanjiestuine. Die woonstelle is in privaat besit en is in dieselfde gebou as die Taj-hotel. Gaste kan van die hotel se kamerdiens, verhitte swembad, gimnasium en warmbad gebruik maak.
Verblyf word in 2 luukse dubbel-ateljee-eenhede met slaapplek vir 2 gaste elk aangebied. Elke ateljee-eenheid het lugversorging, 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort met 2 stortkoppe, 'n groot bad wat apart is en Molton Brown-produkte. Elke eenheid het 'n sitarea met sitplek en 'n Sony Bravia-TV met sekere DStv-kanale. Daar is ook 'n kombuisie met 'n tweeplaat-induksiestoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, Nespresso-koffiemasjien, yskassie, potte, panne, eetgerei en breekware. Elke eenheid het ook 'n skuifdeur wat op die balkon met 'n uitsig oopmaak. Vinnige WiFi is beskikbaar.
'n Daaglikse skoonmaakdiens, wasgoeddiens, droogskoonmaakdiens en pendeldiens kan direk met die hotel teen 'n ekstra koste gereël word. Gaste kan ook by die restaurante op die perseel eet en die Jive Spa bied masserings, lyfbehandelings en geriewe.
Veilige onderdakparkeerplek, 24 uur-sekuriteit en geslotekringtelevisie is beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 1 Wale Street, Cape Town, 8000, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Wale Street, Cape Town, 8000, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang