+33
Selfsorg in Kaapstad Middestad

The Taj Residence 1408

4 gaste

2 slaapkamers

3 beds

2 badkamers

  • 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 4 Wale Street, The Taj Residence Unit 1408, City Centre, 8000, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

The Taj Residence 1408 is 'n weelderige, ruim selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou in die hartjie van Kaapstad oorkant die bekende Kompanjie-tuin. Die woonstel is in privaat besit en in dieselfde gebou as die Taj wat as 'n hotel funksioneer. Gaste kan dus van die hotel se kamerdiens, verhitte swembad, gimnasium en warmbad gebruik maak.

Hierdie woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 smaakvol gemeubileerde slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Die tweede slaapkamer het enkelbeddens en gaste gebruik die tweede badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskkas, stoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die kombuis lei na die eetarea met 'n etenstafel met sitplek vir 4 en verder is daar 'n ruim sitarea met 'n studeertafel met 'n stoel, gemaklike rusbanke en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die sitarea se stapeldeure lei na die balkon met uitsigte oor die stad en op die berg.

Gaste het ook toegang tot die hotel se restaurante en Jive Spa op die perseel. Die spa bied masserings en ander behandelings. Veilige parkeerplek is beskikbaar en daar is 24 uur-sekuriteit sowel as geslote-kringtelevisie.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Warmbad

Ligging

  • 4 Wale Street, The Taj Residence Unit 1408, City Centre, 8000, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 7 990
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 7 990
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 7 990
per nag (plek vir 4)
Bespreek

4 Wale Street, The Taj Residence Unit 1408, City Centre, 8000, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6e5e983cea4d532a40b231c8ac41e996fa1f9bd5a01a1fdfb4d231112af3ba9c428a323397f5f933ec77bd36fcef1063388e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 990 per nag, vir 4 mense 4 Wale Street The Taj Residence Unit 1408 8000 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.924478655522 18.420122731546

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang