Tonquani Private Estate
Kry 20% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 16 Apr 2024 tot 20 Sep 2024.
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Cherry-laan 1, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R1 950R1 560 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Tonquani Private Estate is in 'n rustige en pragtige tuin van 1,2 hektaar op die eienaar se perseel geleë. Dit is ongeveer 1 km vanaf Knysna-strandmeer en 3 km vanaf die middedorp, winkels en die Knysna Waterfront. Die landgoed is die perfekte Tuinroete-toevlugsoord vir gesinne, paartjies of groepe vriende wat dié pragtige kusdorp wil verken.
Verblyf word in 4 stylvolle kothuise gebied. Elke kothuis bied slaapplek aan 2 - 4 gaste. Daar is 3 tweeslaapkamerkothuise en 1 eenslaapkamerkothuis. Die slaapkamers het elk of 'n koninggrootte-bed, koningingrootte-bed of 2 enkelbeddens en elke kothuis het ook 1 badkamer met 'n stort, toilet en wasbak.
Die kothuise het ook elkeen 'n sitarea met 'n gemaklike rusbank en 'n oopplan-kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Gratis WiFi is beskikbaar. Gaste het toegang tot 'n gedeelde swembad, trampolien en golwende grasperke sowel as 'n braai-area en kuierarea. Veilige onderdakparkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Italiaans
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Piekniekmandjies Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Ligging
- Cherry-laan 1, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Cherry-laan 1, Knysna, 6570, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom