Villa in Santareme
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Sardinia-weg 67, Santareme, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 000 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Villa in Santareme is 'n dubbelverdieping-vakansiehuis met 'n pragtige berg- en see-uitsig. Dis in 'n doodloopstraat in Santareme in St. Francisbaai. Die area is die tuiste van talle diere en dis ideaal vir diegene wat op soek is na 'n rustige wegbreekplek.
Die vakansiehuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede kamer het ook 'n dubbelbed en die derde kamer het 2 enkelbeddens. Gaste in dié kamers deel 'n badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is bo en dit is met 'n yskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, broodrooster, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, basiese eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die oopplan-sitarea het 'n rusbank en 'n platskerm-TV. Die skuifdeure lei na die balkon met 'n etenstafel, stoele en braaigeriewe. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
- Seep
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.8/5
Brian Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 7
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Sardinia-weg 67, Santareme, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in St. Francisbaai St. Francis Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Kapasiteit: 6 mense
-
Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Sardinia-weg 67, Santareme, St. Francisbaai, 6312, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom