Villa Paradys
10 gaste
5 slaapkamers
6 beds
5 badkamers
- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - 14 Serruria Street, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Villa Paradys is in die prentjiemooi Paradyskloof geleë en is 'n moderne selfsorg-vakansiehuis wat 'n rustige en gerieflike toevlugsoord bied.
Dié ruim huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 en suite-slaapkamers. Vier van hierdie slaapkamers spog met koning- of koningingrootte-beddens, terwyl die vyfde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Die en suite-badkamers het óf 'n bad en 'n stort óf net 'n stort. WiFi is beskikbaar.
Die hoof-oopplan-leefarea het oorgenoeg sitplek, 'n TV en 'n ingeboude braai. Daar is 2 kombuise wat elk met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Gaste kan in 'n aparte sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV ontspan. Daar is 'n ruim onderdakbraai-area met 'n TV, asook 'n swembad, klimraam en 'n trampolien. Die huis het 'n omsetter en elektriese heinings en alarms bied ekstra sekuriteit. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Villa Paradys is naby winkels en restaurante. Gewilde wynplase, staproetes en Stellenbosch-gholfklub is net 'n hanetreetjie ver. Hierdie verblyf sal 'n onvergeetlike vakansie verseker.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 14 Serruria Street, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
14 Serruria Street, Paradyskloof, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Sien kaart- 10 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang