Geverifieerde Resensie
Aliwal North
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Aliwal North bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.5 uit 5 gekry volgens 97 resensies.
"Ons het net oorgeslaap in Aliwal, kan nie regtig kommentaar lewer as toeristebestemming nie, dis 'n gerieflike halfmerk rusplek, heerlik geslaap en daar is genoeg restaurante om ietsie te eet."
"Daar is nie veel om te sien of doen nie, die aantrekking van die verlede, warmbronne, bestaan nie meer nie. Baie koud in die winter."
"Pragtige dorp. Goed uitgelê. Wens ek kon daar permanent woon. Munisipaliteit moet net hul deel doen en die dorp onderhou."
"Aliwal-Noord is 'n geskiedkundige dorp met baie gasvrye en hulpvaardige mense. Draai gerus by die lieflike kerke, Lord Summerset gastehuis, BmyGeust gastehuis, The Saffron of Wimpy."
"Ons kon ongelukkig nie verken nie omdat ons vroeg moes ry, maar sal van 'n volgende geleentheid gebruik maak."
"Die plaaslike owerheid moet aandag daaraan skenk om die dorp se infrastruktuur op te knap."
"Nadat ek die gekiedenis gelees het sal ek graag die dorp wil verken. Hier het baie gebeur wat gerespekteer en waardeer moet word. Wil terugkom en oorbly."
"We found it to be an ideal stop over spot. Town is neat, with all the facilities one would need."
"Pragtige natuur. Silwerskoon, spierwit lakens, ons het soos konings gevoel. Sal definitief weer daar oorbly!"
"The Pantry is 'n moet vir ontbyt of enige ander etes, (Net jammer hul is toe op Sondae), Oppihoek is lekker vir 'n 'koue een' en Riverside Lodge se pizza's bly 'n wenner."
"Sal Aliwal aanbeveel. Lekker gekuier in die winkels en die eetplek. Die Opstal aan beveel vir lekkeerr eet.."
"Het jare daar gebly en wou graag my herinneringe toets. Die dorp lyk baie deurmekaar en onnetjies; die eertydse warmwaterbron is vervalle: teleurstellend!"
"Ons was baie verras met die dorp, want ons het altyd nog net deurgery. Dit wys net: vakansiegangers moet tyd maak om die dorpe te verken. "