Verified Reviews
Arniston
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Arniston
Rated 4.6 out of 5 based on 157 reviews.
"Die feit dat Arniston nie 'n supermark het nie, maak dit nog uniek en glad nie kommersieel nie. Hou dit so!"
"Soek 'n mens avontuur is 'n besoek aan die grot aangewese terwyl 'n staptog deur die bekende Kassiesbaai met sy historiese vissershuisies wonderlike fotografie geleënthede bied sonder dat jy 'n vliegkaartjie na Griekeland hoef te koop. Gaan eet vis en chips by Milenes in Kassiesbaai en koop sommer van die lekker droë rooikrantz hout vir die aand se braai. As die vis nie byt nie en die Suidoos waai, kan wynliefhebbers Arniston gebruik as vertrekpunt om die Jean Daneel kelder buite Napier te besoek om uitstaande witwyne te proe en te koop. Die gees van Bachus sal die dorstiges verder lei na Strandveld, The Berrio en Black Oyster Catcher kelders by Elim wat normaalweg te vêr van die gebaande weë is. Gaan besoek die L'Agulhas ligtoring en leer iets van die strandveld se geskiedenis en koop op pad terug by Struisbaai 'n vars vissie om op die kole te sit. Wie benodig dan 'n Mall?"
"Grotte se aanwysings behoort opgegradeer te word, want is besonders om te sien. Hotel se etes is ook uitsonderlik."
"Ek sal net n voorstel byvoeg, dit sal ook gemakliker wees as daar 'n groter inkopiewinkel beskikbaar kan wees in Arniston soos 'n OK Mini Market."
"'n Pragtige plek in die natuur en naby die see. Dit laat jou vergeet van die alledaagse dinge en laat jou net weer mens voel. Die mense was ook baie vriendelik. Sal dit beslis weer besoek. "
"Baie vreedsaam en die manier hoe die bote ter water gaan is uniek. Jy moet dit kom sien."
"Arniston is a beautiful place but need to sort out the security issues in the town. Upon settling in and reading the information booklet, it was noted with all the warnings that we have to be alert."
"Die plek is verskriklik stil en daar is amper niks om te doen behalwe om vis te vang en 'n restaurant by te woon. "
"Pragtige dorpie. Besoek gerus die grot en geniet heerlike middagetes by die Arniston Hotel. "
"Pragtige strande en heerlike swemplekke. Lekker sandduine om te hardloop, asook ideale plek vir fotograwe."
"Dit is 'n rustige plek wat ek vir enige iemand sal aanbeveel om bietjie vakansie Te gaan hou. Die atmosfeer is wonderlik."
"Arniston is beeldskoon en die perfekte plek om te gaan rus en weer jou siel te vind. Daar is soveel geskiedenis in die dorpie. September was inderdaad die perfekte tyd om walvisse te sien. Ons het meer as ses in net een oggend gesien. Die grot is 'n moet sien en baie spesiaal."
"Kan dit beslis vir enige natuurliefhebber aanbeveel. Let net daarop hier is geen winkels of OTM's nie."
"Arniston is 'n wonderlike plekkie. Sal graag weer wil gaan maar eerder hotel toe."
"Vir my persoonlik die mooiste dorpie. Rustigheid van dorpie en uitsig by see sal my altyd bybly."
"Arniston het my aangenaam verras. Sal verseker weer daar verby gaan. Die uitstappie na die grot was een van die hoogtepunte."