Verified Reviews
Barberton
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Barberton
Rated 4.2 out of 5 based on 50 reviews.
"Barberton bied baie besienswaardighede in en om die dorp. Sal beslis weer terugkeer om nog meer besienswaardighede te besoek."
"Interessante dorp met 'n interessante geskiedenis wat baie meer bemark moet word as 'n toeristebestemming. Die twee jong mense by inligtingskantoor was baie vriendelik en behulpsaam. Die koffiewinkel by die inligtingskantoor word sterk aanbeveel. Die geologie is ongelooflik interessant en daarom 'n wêrelderfenisgebied."
"Die bergpasse en omgewing, veral die gedeelte na Swaziland se grenspos, is werklik 'n belewenis."
"Nie genoeg eetplekke nie. Ons het op en af in die strate gery op soek na 'n restaurant, maar kon niks sien nie - of as daar was, was hulle glad nie goed gemerk nie. Dit was maar 'n keuse tussen die Wimpy en die KFC. Die plus, is dat dit naby aan die Swaziland-grens is."
"Wat ons opgeval het is die netheid van die dorp. Min tot geen rommel het rondgelê in die strate."
"Baberton self is vir my nie toeristevriendelik nie. Die paar museums en Geo trail is basies al wat daar is. Eetplekke is ook onder verdenking en ons het uit gery na die Boskombuis om iets te eet."
"I had no idea what an interesting place this is. Especially if one is interested in geology and nature, as I am. Now I have to make this a real destination with time to explore properly."
"Eerste kuier daar, en het na die museum gaan kyk. Baie interesant, veral die goudmyne en ook die tronk."
"Barberton has such a rich history of our mining years and lovely museums and are all well preserved. The Geotrail is also a big attraction, as well as the beautiful climate and plant life, Barberton is also not far from Nelspruit, Sabie and White river. Barberton is a lovely small lowveld town with a very rich history and worth exploring."
"Ongelooflike omgewing, maar die restaurante is beperk of adverteer net baie sleg. Die geologie roete het beïndruk en dit is werklik baie goed opgestel en uitgemerk. Die borde is van 'n hoë gehalte en insiggewend."