Geverifieerde Resensie
Betty's Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Betty's Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 341 resensies.
"Die wind waai baie sterk en die hoofpad waarop meeste huise geleë is, is baie besig. Dit is steeds 'n lekker uitrus plek."
"Bettiessbaai is asemrowend mooi. Ons het die uitstappie na die pikkewyne baie geniet. Sal verseker weer 'n draai in Bettiessbaai gaan maak."
"Bettiesbaai bied asemrowende uitsigte oor die see en berge. Dit is die ideale bestemming vir mense wat hou van stiller plekke en die natuurskoon."
"My seun van amper 20 jaar oud sê die surf is "awesome". Bettysbaai is lekker naby aan Kleinmond en Hermanus vir die mense wat bietjie aksie soek. Die perdry was vir my dogter (14 jaar oud) baie lekker (Kleinmond). Ek sou sê Bettysbaai is vir mense wat bietjie rustigheid soek. Die omgewing is regtig baie mooi. "