Verified Reviews
Betty's Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Betty's Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 341 reviews.
"I just love the fact that we have the beach to ourselves and taking long walks to collect shells and play in the clean sea sand with a baby."
"Lieflike gemeenskap. Die bure het my in die regte rigting gehelp toe ek so 'n bietjie verdwaal het."
"Bettysbaai is propvol historiese geskiedenis, die mooiste staproetes in die berg, die pragtige strande en dan natuurlik die opwindende diere van pikkewyne na walvisse en selfs as jy gelukkig genoeg is mag jy dalk net die luiperde ook raakloop. Definitief iets om te beleef."
"Die botaniese tuin is 'n moet sien, stap gerus na die waterfal toe - dis ongelooflik mooi."
"Die Porter tuin 'n moet om te besoek , aanbeveel deur Phabion by Fijnbos Lodge en Spa."
"Bettysbaai het 'n pragtige Botaniesetuin met staproetes, 'n massiewe duin, lang kus wandelweë en is heerlik stil. Beslis 'n besoek werd."
"Bettiesbaai en omgewing, 'n snoesige plekkie waar daar liefde en vrede in die lug hang en waar die seemeeue en die see en hul mense jou gasvry, vriendelik en hartlik ontvang."
"Dit is beslis die moeite werd om die Harold Porter Botaniesetuin te besoek. Die Leopards Kloof wandelpad word beslis aanbeveel vir energieke stappers."