Geverifieerde Resensie
Bettysbaai
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bettysbaai bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 394 resensies.
"We enjoyed the country lifestyle away from large shopping centres and hordes of people. The area appeared to be safe and we did not feel threatened at all when walking on the various beaches. The birdlife, including the African penguin colony was great. A main attraction for us was the Harold Porter National Botanical Garden which we visited on 3 occasions to undertake walks and to eat at the restaurant."
"Lekker stil en rustig as dit is waarvoor jy soek. 'n Bietjie weg van die samedromming oor die vakansietyd, maar tog naby genoeg aan Kleinmond as jy lus het vir meer mense."
"Bettysbaai is gerieflik geleë om as 'n basis te gebruik terwyl jy die omgewing naby en selfs so ver as Grabouw en Hermanus verken. Die pragtige fynbos van die omgewing en die Kogelberg Natuurreservaat is onvergeetlik mooi."
"Pragtige skoon en rustige dorpie langs die see. Pragtige Botaniese tuin. Hier kry jy waarlik rus vir jou siel."
"My seun van amper 20 jaar oud sê die surf is "awesome". Bettysbaai is lekker naby aan Kleinmond en Hermanus vir die mense wat bietjie aksie soek. Die perdry was vir my dogter (14 jaar oud) baie lekker (Kleinmond). Ek sou sê Bettysbaai is vir mense wat bietjie rustigheid soek. Die omgewing is regtig baie mooi. "
"Betty's Bay is a great destination for people who love nature and especially the Cape Mountain fynbos."
"Die plek self is pragtig. Hou baie daarvan. Sal weer teruggaan vir vakansie of net wegbreek van die gejaag van die stad."
"Bettysbaai is 'n besondere mooi plek. Net jammer die verblyf het so 'n wrang smaak in die mond gelos."
"Harold Porter Botaniese Tuine en Stony Point Pikkewynkolonie is definitief 'n besoek werd! En as jy lus is vir stap in die natuur, pak gerus die Leopard's Kloof Trail aan by die Harold Porter Tuine wat tot by 'n waterval lei."