Geverifieerde Resensie

Upper Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2330 resensies.

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Die Pophuis Hoekie

"Genoeg plekke om rond te kyk."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Meerkat

"Ek wou nog altyd die Uilhuis gaan besoek het en dit was 'n belewenis. Ek kan ook die fossielsentrum aanbeveel waar ek geleer het hoe om fossiele te soek! Daar is regtig soveel om te doen, jy sal nie glo hoe vol dinge so 'n klein dorpie kan wees nie. Moet beslis ook nie die bier en kaas by die Brewery mis nie en ook die Tower Restaurant se Karoo Lam was 'n treffer. Ek wil beslis weer soontoe gaan. Dit was regtig een van die mees interessante plekkies wat ek al by was. En die mense is so vriendelik. Vir jou volgende vakansie, oorweeg beslis Nieu-Bethesda."

Drie Susters, Bo-Karoo

Travalia Guest Farm

"Alhoewel die besoek in die winter was, was dit steeds 'n belewenis wat elkeen op 'n stadium moet ervaar."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Zonnenstrahl Caravan Park

"A lovely quaint village that is best enjoyed walking the streets and popping into various restaurants, etc. chatting to the locals."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Pragtige klein dorpie. Sal graag weer soontoe wil gaan wanneer dit so bietjie warmer is dat ons in die aand lekker kan sterre kyk!"

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Country Cottages

"Pragtige ou klein dorpie! Uilhuis is 'n moet sien! Dit is nie uitspattig duur nie! Onthou om jou uil te koop op pad uit by die straatverkoper (hulle is ook baie billik). "

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Verkenning te voet deur die hele dorpie om regtig alles te beleef is die beste. Het ook voetbrug oor rivier terdeë geniet. 'n Besoek somer asook winter is uniek om die natuurskoon te beleef. Bespreek indien jy aandete wil eet by 'n restaurant."

Hanover, Bo-Karoo

Boutique Guesthouse Hanover

"Hanover is 'n pragtige dorpie waar tyd stilgestaan het."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Doornberg Guest Farm

"Ware juweel van 'n dorpie. Lekkerste sop by The Brewery geëet. Fossiel-liefhebbers paradys. Uil huis is 'n moet sien."

Rhodesdene, Bo-Karoo

Dankie Pa Guest House

"Baie winkels en alles wat jy nodig het is bymekaar. "

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Country Cottages

"Oulike dorpie, sal dit net eerder in die toekoms in die somer besoek. Was baie koud gewees met ons besoek. Skep geboude en netjiese strukture vir die plaaslike inwoners om hulle produkte te verkoop. Baie werkloosheid in die dorp en gemeenskap wat op hierdie manier aangespreek kan word. Die eetplekke baie duur. Voel die publiek word bietjie uitgebuit met hul buitensporige pryse!"

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Country Cottages

"Really enjoyed seeing the owl house, despite it being bitterly cold. It would have been nice to have more time there, but that was our fault not theirs."

Hanover, Bo-Karoo

Boutique Guesthouse Hanover

"Ek dink Hanover is 'n ideale oornag dorpie, met pragtige kerkgebou, maar sal nie langer as 'n dag of 2 daar kan vertoef nie."

Murraysburg, Bo-Karoo

Inibos Selfsorg

"Moet nie ander mense verwag nie. Verwag wel 'n grondpad. Perfek as jy wil gaan jag."

Hopetown, Bo-Karoo

Hopetown Accommodation

"Vriendelike dorpie. Baie netjies en skoon."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

De Oude Pastorie Gastehuis

"Mooi, rustige dorpie met gawe mense orals waar mens gaan."

Vosburg, Bo-Karoo

Elvee Accommodation

"Ons het nie juis dorp verken nie. Tyd was kort!"

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

And The Cow Jumped Over The Moon...

"Basies min te sien. Het tog besoek aan UIlhuis geniet."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Rest-A-While

"Die Mannetjies Roux museum kan besoek word. Die Merino Restaurant berei die lekkerste skaapvleisdisse."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Outsiders B&B

"Mooi, skoon dorpie met netjiese huise. Het heerlik by die Tower Restaurant geëet. Dis 'n wenner plek met vriendelike mense."

Vosburg, Bo-Karoo

Elvee Accommodation

"'n Vreeslike oulike, stil en rustige plekkie, een van die netjieser Karoo-dorpies."

Victoria-Wes, Bo-Karoo

Moonlight Manor

"Do not rush by on the N12! Go slow and see the wonderful country we have. We are going to come back for a visit to Victoria West and see the sights and play amateur radio in the koppies around town and find the geocaches!"

Drie Susters, Bo-Karoo

Travalia Guest Farm

"Die Karoo het 'n spesiale bekoring en die Drie Susters voel soos 'n plek waar mens tuis is."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

The Ibis Lounge

"Visit the well stocked bookshop."

Vosburg, Bo-Karoo

Elvee Accommodation

"Baie rustige omgewing."

Nieu-Bethesda, Bo-Karoo

Elke's Guesthouse

"Die dorp is pragtig. Die uil Huis se mense was baie vriendelik en behulpsaam. "

Richmond, Bo-Karoo

Ka Ma Lodge

"Besoek die boekwinkel in hoofstraat. Dit is belewenis."

Britstown, Bo-Karoo

Rietpoort Guesthouse

"Daar is soveel moontlikhede op die dorp, veral in die echo-toerisme omgewing. Ek glo met die hulp van die Provinsiale Regering, kan dinge net verbeter."

Blad
Blad 58 - Wys 1711 tot 1740
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang