Verified Reviews
Upper Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Upper Karoo
Rated 4 out of 5 based on 2339 reviews.
"'n Goeie stilhou- en oorblyplek in 'n interessante deel van die land - dit word baie warm in die somer en kokend in hittegolftoestande."
"Fees vir die oog en hart. Pragtige natuurskoon en dorp met ouwêreldse sjarme."
"Die besoek aan die geskiedkundige NG Kerk was die hoogtepunt. Daar is georganiseerde besigtigingstoere wat mens moet meemaak. Dit is ook 'n goeie idee om vooraf bietjie oor die geskiedenis van die dorpie te lees. "
"Daar is geen probleem met Murraysburg, maar ons het dit terwille van familie besoek."
"Eintlik 'n goed bewaarde geheim! Sal 'n kort vakansie daar oorweeg - as die Karoo net eers weer reën gekry het!"
"Hopetown is 'n klein plekkie in die middel van die Karoo. Dit was ontsettend warm (41° C ) As toeris is ek dankbaar om daar te kan oornag maar ek sal dit nie aanbeveel as eindbestemming nie. Die N12 is 'n baie beter roete as die N1 af Kaap toe. Hopetown kan in die basiese behoefte van die reisiger voorsien. "
"Ongelukkig het die Mannetjies Roux Museum toegemaak maar die res van die dorp is nogsteeds 'n treffer."
"Moenie daar gaan as jy Hillbrow geniet nie, dis 'n plek om jou batterye te herlaai! Die dorp is baie lekker vir kuier met mense en om te stap waarheen jy wil gaan. Die stofpaaie en leikanale gee dit daai historiese gevoel. "
"Oulike museum in die dorp! Lekker geëet by die Merino Restaurant. 'n Mens kan selfs 'n rondte gholf hier speel!"
"Werklik verlate dorpie maar ideale oornag verblyf op pad Kaapstad toe."