Geverifieerde Resensie
Upper Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Upper Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 2349 resensies.
"Wens ons kan 'n bus vat en klomp mense daar gaan aflaai om 'n verskil te maak en nuwe lewe en besigheid in die dorpie in te blaas. So hartseer om te sien hoe al ons klein dorpies leegloop."
"Die dorpie en die dam is die moeite werd om 'n draai voor te ry en daar te oornag oppad tussen die Kaap en Gauteng. "
"Was laatmiddag toe ons daar aangekom het, maar die natuurskoonheid met die berge rondom was pragtig. Na 'n reis van die verre Noord-Kaap tot hier en die baie reën was die wêreld wonderlik om te aanskou. Sou baie graag meer wou sien, definitief volgende keer."
"Hopetown we found to be a peaceful place for an overnight stay, would not spend any lengthy period of time there."
"Nieu-Bethesda is kos vir die siel. En die mense is almal so ongelooflik vriendelik en goed gemanierd."
"Ons vul altyd ons voertuig met petrol in Britstown wanneer ons in daardie rigting reis. Ons het nog altyd net goeie ondervindinge daar gehad."
"Die karoo is bekoorlik mooi! Vriendelike mense en baie goeie paaie (beter as Gauteng)!"
"The town is simply beautiful. We travelled through quite a few small Karoo towns and this one really epitomises the ideal. Quiet, relaxing and simple. The drive in and out were lovely and one really feels like you have left the rest of the world behind as you descend into the sleepy little valley. The locals were friendly and the restaurant we ate at (Karoo Lamb) was excellent. One night simply was not enough and I will definitely suggest a full weekend at least. One thing to note, of the three restaurants we enquired at, only the Karoo Lamb was licensed (with a lovely little pub round back). If you are planning on having a drink with your meal, it seems the unlicensed venues let you bring your own."
"Stop by die Karoo Lodge en eet iets. Drink 'n glas wyn en groet die vriendelike wit kat."
"Dis 'n mooi, skoon dorp en die personeel by die vulstasie was vriendelik en behulpsaam. Dankie, julle laat ons sommer tuis voel."
"Besoek gerus die Dust Covers boekwinkel. Een van die beste tweedehandse boekwinkels wat ek al gesien het."
"As jy Weskus toe of terug van Gauteng af dan is die dorpie jou beste roep vir oorbly!"