Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3581 reviews.
"Baie goed geleë, naby winkel sentrum en Medi-Clinic Hospitaal. Veilige omgewing met mooi parke vir die kinders."
"Mooikelder Day Spa as well as Tee Under A Tree are also two are must visit jewels of the Paarl."
"The things I love restuarant is 'n moet om te gaan eet, baie vriendelike personeel en maak 'n draai in Kerkstraat, baie winkeltjies om in te loer."
"Klapmuts is ideaal geleë vir verblyf as middelpunt om elke dag interessante plekke te besoek en te verken soos Paarl, Franschoek en Stellenbosch. Babylonstoren is 'n klipgooi van Bona Vista en 'n absolute moet om te besoek. "
"Rustige woonbuurt. 'n Bietjie ver om te stap na die middedorp toe, maar vir bergfietsryers is dit ideaal want daar is baie bergfietsroetes."
"Pragtige area wat nie genoeg erkenning kry nie. Maar daarin lê die skoonheid dalk. "
"Ons ken Worcester en omgewing. Vir ons altyd lekker om daar verby te ry en iets te geniet."
"Dit is ongelooflik mooi en jy ervaar 'n wonderlike stilte. Die afstand pla my nie, maar ek dink dit mag vir sommige besoekers 'n entjie uit die dorp se sentrale gebied wees."
"Uit die dorp se gewoel, naby eetplekke en heerlik stil."
"As 'n toerisme beampte in 'n ander area wat twee jaar in Paarl gebly het, dink ek Paarl het baie potensiaal. Vir toeriste wat belangstel in wyne, brandewyne en 'n plekkie naby Kaapstad is dit ideaal. Vir besigheidspersone wat naby die stad wil bly, maar wat nog steeds 'n "country" gevoel soek is dit perfek. "
"Pragtige wynlandgebied en 'n uitstekende gebied vir toerisme."
"Baie lekker plek om vakansie te hou. Daar moet net minder op/aan die paaie gewerk word, of hulle moet gouer werk want dit kan 'n afname aan besoekers bring."
"Vanaf Rawsonville het ons uitgery na Paarl, Franschhoek en die hele omgewing plat getoer. Lekker sentraal geleë!"
"Tulbagh is 'n pragtige en skoon geskiedkundige dorp met mooi ou geboue, interessante galerye, uitstekende restourante en 'n lekker wynkelder om te besoek. Beslis 'n besoek werd."
"Ek is mal oor die Strand, maar die padwerke was baie irriterend. Mens kan nie by enige iets uitkom sonder om 'n enorme draai te ry nie. En die lieflike strand self is moeilik om te bereik op die oomblik. Hoe gouer hulle klaarmaak hiermee, hoe beter."