Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3581 reviews.
"Oulike dorpie maar geen apteek. Wees gewaarsku as jy medisyne nodig het. Oulike wyn en olyf plase in omgewing. Vreeslik geniet."
"Die waterval was vir ons die hoogtepunt. Goeie museums. Bietjie gesukkel om inligting aanlyn te vind oor van die plekke."
"'n Unieke omgewing en spesiale atmosfeer met heerlike restaurante, interessante winkels en kunsgalerye. By dit alles 'n wonderlike botaniese tuin alles loopafstand!"
"Rawsonville is goed geleë om omliggende wynplase te besoek. Die dorp self het nie regtig veel om te sien nie."
"Dit 'n baie mooi, rustige en veilige omgewing wat vir 'n natuurliefhebber, wat van 'n landelike uitsig in 'n luukse gastehuis hou, besonder van waarde is. "
"Nie veel om te doen nie. Ons het spesifiek vriende gaan besoek. Wel pragtige deel van ons mooi land met wonderlike bergpasse en rots formasies! "
"Paarl is 'n pragtige dorp in 'n asemrowende omgewing. Daar is baie om te doen, ons was te kort daar!"
"Daar is baie padwerke in en om Rawsonville, wat dit vir 'n mens moeilik maak om by jou bestemming uit te kom, veral as jy nie weet waar jou verblyfplek is nie. Andersins is Rawsonville 'n pragtige, landelike dorp met mooi wingerde. Voorwaar 'n plek om by af te pak."