Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3526 resensies.
"Worcester en omgewing bied baie vir die toeris en mag dit die moeite werd wees om die toerismesentrum te besoek of meer op die internet na te slaan."
"As jy lief is vir wyn, kan jy nie in 'n beter dorp gaan bly nie. Duisend wyne om van te kies en slegs 'n paar minute van die see af (Strand en Gordonsbaai). Naby geleë dorpe maak vakansie hou soveel lekkerder. En S'Bosch se studente is iets vir die oog!"
"Very beautiful area of the Cape, so much to do. Towns like Wellington and Paarl in close traveling distance."
"Omgewing is asemrowend mooi. Die wine tram is 'n fantastiese ondervinding en 'n definitiewe moet!"
"Stellenbosch het meer as net sy wynplase. Die dorp het baie interessante eetplekke, kuns en die Botaniese tuine is 'n moet."
"Daar is redelik baie dinge om in Paarl te doen, en moenie van die wynproe vergeet nie! Baie staproetes, en die Afrikaanse Museum- en monument sowel as Paarl Rock is iets om te besoek."
"Daar is verskeie wynkelders wat besoek kan word, asook museum wat die aardbewings in Tulbagh met foto's beskryf. Daar is ook vrugteplase wat besoek kan word, met pere en appels wat uitvoer-gehalte is."
"Pak jou eie medisyne aangesien die winkels oorweldig kan raak."
"Baie mooi dorpie. Dink daar is iets vir almal! Te veel keuses tussen wynplase en aktiwiteite so jy gaan were en weer moet terug gaan."
"Pragtige ou dorp. Boomryk en amper-plaas. Ons het selfs die Taalmonument besoek wat ons laas besoek het met sy inhuldiging."
"Oulike dorp met baie karakter en vriendelike mense."
"Such a lovely quaint town. Very clean and well kept. Interesting restaurants and shops. A must see."