Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3557 resensies.
"Interessante dorp vir 'n wegbreek naweek, alhoewel dit baie druk kan word oor naweke en feesgeleenthede soos Bastilledag."
"Beautiful little village which I will definitely visit again. Lovely shops and restaurants."
"Vir ons is dit ons plek vir sielsrus kry. Fantastiese wynomgewing en die ontvangs wat mens by al die kelders kry is wow!"
"Ons besoek die Strand normaalweg vir werk en om ons familie te besoek, minder dikwels vir vakansie, nietemin geniet ons dit altyd om daar te wees."
"Ons is self van 'n gastehuis en is van mening dat ons oorsese gaste meer aangemoedig moet word om Tulbagh te besoek. Dit is nie baie ver vanaf Kaapstad/Gordonsbaai en akkommodasie in die omgewing is te kus en te keur. "
"Baie goeie restaurante, maar teleurgesteld dat die winkels so agteruitgegaan het."
"'n Lieflike dorpie en interessante omgewing wat beslis 'n paar dae se oorbly werd is."
"Pragtige plek! Rustig en veilig. Mooiste kuns en vermaak! Julle sien ons baie gou weer."
"Ons het 20 jaar hier gebly en het altyd gewonder hoe ons weer hier kan kom permanent bly! Dit is ook goed as jy miskien kinders het en jy kan vir hulle dophou hier van bo af. So ek kan geen slegte kommentaar lewer nie."
"Die dorpie het baie potensiaal maar van die winkels het tog afgeskeep gelyk. Kerkstraat is egter nog baie goed onderhou. Die omgewing is ongelooflik mooi."
"Franschhoek is die skat van die Wes-Kaap, 'n mengelmoes van goeie dinge wat jou uitgerus laat voel na 'n besoek."
"Daar is nie veel om te doen nie, maar kan Fowlers Grill vir seker aanbeveel as eetplek en die Mountain Mill Mall het fliek en eetplekke en genoeg winkels as jy wil uitkom en iets nodig het."