Verified Reviews
Boland
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Boland
Rated 4.6 out of 5 based on 3398 reviews.
"Uit die dorp se gewoel, naby eetplekke en heerlik stil."
"As 'n toerisme beampte in 'n ander area wat twee jaar in Paarl gebly het, dink ek Paarl het baie potensiaal. Vir toeriste wat belangstel in wyne, brandewyne en 'n plekkie naby Kaapstad is dit ideaal. Vir besigheidspersone wat naby die stad wil bly, maar wat nog steeds 'n "country" gevoel soek is dit perfek. "
"Pragtige wynlandgebied en 'n uitstekende gebied vir toerisme."
"Baie lekker plek om vakansie te hou. Daar moet net minder op/aan die paaie gewerk word, of hulle moet gouer werk want dit kan 'n afname aan besoekers bring."
"Vanaf Rawsonville het ons uitgery na Paarl, Franschhoek en die hele omgewing plat getoer. Lekker sentraal geleë!"
"Tulbagh is 'n pragtige en skoon geskiedkundige dorp met mooi ou geboue, interessante galerye, uitstekende restourante en 'n lekker wynkelder om te besoek. Beslis 'n besoek werd."
"Ek is mal oor die Strand, maar die padwerke was baie irriterend. Mens kan nie by enige iets uitkom sonder om 'n enorme draai te ry nie. En die lieflike strand self is moeilik om te bereik op die oomblik. Hoe gouer hulle klaarmaak hiermee, hoe beter."
"Oulike dorpie maar geen apteek. Wees gewaarsku as jy medisyne nodig het. Oulike wyn en olyf plase in omgewing. Vreeslik geniet."
"Die waterval was vir ons die hoogtepunt. Goeie museums. Bietjie gesukkel om inligting aanlyn te vind oor van die plekke."
"'n Unieke omgewing en spesiale atmosfeer met heerlike restaurante, interessante winkels en kunsgalerye. By dit alles 'n wonderlike botaniese tuin alles loopafstand!"
"Dit 'n baie mooi, rustige en veilige omgewing wat vir 'n natuurliefhebber, wat van 'n landelike uitsig in 'n luukse gastehuis hou, besonder van waarde is. "