Geverifieerde Resensie
Bredasdorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Bredasdorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 216 resensies.
"Lieflike dorpie met vriendelike mense. Lekker pizza. Skoon dorpie en naby ander dorpies om te gaan inloer."
"We enjoy Bredasdorp because we have family in town but there is not much to do."
"Bredasdorp se "Shipwreck Museum" is uitstekend! Die Boekwinkel is vriendelik. Ons het ook 'n hele dag langs die kus by Agulhas geniet. Asemrowende uitsigte oor die see, Rasperpunt-staproete, en smaaklik vis en tjips geniet. Beachcomber boekwinkel in Agulhas ook vriendelik met 'n groot verskeidenheid titels."
"Baie in die omgewing om te sien. Ons was deur na De Hoop en het baie wild gesien, bo en behalwe die Elande, Zebras en Springbokke wat ons by Old Sam's gesien het."
"Mooi, plattelandse dorpie. Genoeg om te sien in die omliggende areas."
"Goede uitvalsbasis om naar Agulhas te gaan en naar Ariston en Witsand - prachtig!"
"Lekker stil dorpie. Net die regte plek om bietjie uit die gejaagde lewe te kom. Dan kan jy ook nog 'n paar plekke besoek wat nie te ver is nie."
"Voel asof dit plek is waar mens maklik sal kan woon. Mense oral in dorp uiters vriendelik."
"Bredasdorp is die rustige, vriendelike en veiligste dorp wat ek ken. Ek het nog nie so 'n dorp tee gekom nie."
"Nie juis tyd in Bredasdorp self spandeer nie, so ek kan nie te veel daarop uitbrei nie, maar hy is wonderlik geleë ten opsigte van lieflike kusdorpies."
"Ek hou van Bredasdorp vir die plat op die aarde mense wat daar bly en ook hulle is vriendelik en is altyd reg om te help waar hulle kan."