Verified Reviews
Breede River Valley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Breede River Valley
Rated 4.4 out of 5 based on 1205 reviews.
"Wat 'n aangename verrassing, daar is so baie in en om Tulbagh te doen, veral die wynproe by Saronsberg en Montpieller is uit en uit die moeite werd. En daar is die aangenaamste klein Gin Tasting Room by Vindoux, 'n ervaring op sy eie. Die omliggende dorpies is naby genoeg om byvoorbeeld te gaan Zipline in Ceres. Was vir seker die moeite werd vir 'n naweek se wegbreek."
Worcester, Breede River Valley
Bergland Accommodation"Perfect as a stopover on our way to Cape Town."
"Een van die heel beste naweke ooit, so rustig, ons kon heerlik ontspan. Die plek is so mooi en silwerskoon en alles in die cabin is net die beste."
Worcester, Breede River Valley
Karoo Poort Gastehuis"Relatief naby aan naburige dorpe met besienswaardighede. Dorp is baie skoon en netjies."
Worcester, Breede River Valley
Geluk on Vergenoegd Farm"Worcester is nice but not a huge amount for families to do. But it does have all the amenities you want and need plus some nice vineyards and stunning sights."
"Ceres is 'n baie mooi dorp en die plattelandse gasvryheid word definitief hier ervaar."
"Ceres is a very warm in the summer and cold in winter. I was so sick after the sunny weekend, but I think it's because of the dry warm weather conditions, but a very beautiful valley."
Prince Alfred Hamlet, Breede River Valley
Rhodene Farm Cottages"Dis 'n baie klein dorpie en hy is beperk in wat hy kan aanbied."
"Olive Bistro Hotel se kos en diens was puik. Lyk wel of daar 'n paar plekke begin toemaak, seker a.g.v. al die loadshedding."
"Daar is min te doen in die dorp waarvan inwoners my kon vertel - basies "cider" gaan proe en "zipline". Ek was daar om park run te doen - dit is 'n mooi 5 km-roete Saterdagoggende 8:00 en beslis iets om te doen as jy wil stap, draf of hardloop."
"Pragtige omgewing. So rustig. Gastekamers was naby dorp. En het lugverkoeling in gehad vir die warm aande."
"Tulbagh verbaas my elke keer as ek terugkom. Omring met pragtige 360-grade berge."
"Ons het Ceres geniet. Ziplining is een van baie besienswaarighedes in die omgewing met baie vriendelike en behulpsame personeel."
"Die dorpie Tulbagh is ongelukkig 'n slagoffer van ons regering se onvermoë om 'n beter lewe aan sy mense te gee. Die hoofstraat is besaai met werklose mense wat vinnig om toeriste brom. Meeste besighede is of gesluit of het beperkte besigheidsure. Darem is die strate redelik skoon. Die prag van die area is nie die dorp nie, maar die natuurskoon en die omliggende plase, berge, riviere, damme, staproetes en bergfietspaaie."
Touws River, Breede River Valley
Komkyk Touwsrivier"Touwsrivier se dorp het historiese belang en daar is museumstukke om te besigtig. Die dorp is ongelukkig baie vewaarloos en dit breek die algehele ervaring af na 'n teleurstelling."