Verified Reviews
Cederberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cederberg
Rated 4.3 out of 5 based on 668 reviews.
"Behalwe vir die slegte paaie is die Sederberge, vir seker aan te beveel. Ongelukkig was van die staproetse na Wolf Arch steeds gesluit. Roete na Maltese Kryis was ongelooflik en 'n besoek aan die Stadsaal is 'n definitiewe moet!"
"Mooi dorpie, maar die mense maak dit nog mooier. Was ons eerste besoek, maar beslis nie die laaste nie."
"Verbasend was al die doendinge in Clanwilliam Saterdagmiddag gesluit. Wupertal winkel, Rooibosfabriek, ens. Dis blommekyk tyd, sekerlik is daar baie ander toeriste wat soos ons voel."
"Mooiste, mooiste omgewing! Jy hoef niks te doen as om net te ry en om jou te kyk nie! Pragtig!"
"Sou graag meer met die kinders wou doen. Kon nie gaan stap nie en dorpie nie veel gebied in area nie. Sondag was van die plekke wat ons wou besoek het toe."
"Hulpvaardige mense en 'n ideale vakansiebasis dorp om ook die omgewing te verken."
"Jammer die gholfklub is toe in die week. Geen slaghuis en restaurant?"
"The place is lovely, there is not much to do in and around the town if you have pets with you but it's a good break away from the hustle and bustle of the city."
"Dorp is baie besig op 'n Saterdag, kan nie juis in plaaslike besighede ingaan nie, mense gedrang taamlik erg."
"Clanwilliam is nie 'n plek waar jy tonne kruideniersware sal kan gaan koop nie, maar jy sal wel dit daar kry as jy iets vergeet het. Die dorp is super besig en mens kry nie regtig parkeerplek oor die naweek nie. "
"As jy van die stad se gejaag wil weg kom is Clanwilliam die regte dorp om rustig te kan verkeer."
"Hulpvaardig, maar anders as die stad moet alles bestel word. Dit kan soms langer as verwag duur."