Geverifieerde Resensie
Great Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Great Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 2673 resensies.
"Baie rustige dorp met baie vriendelike mense. Perfek om jouself bietjie te "recharge.""
"Die droogte in die omgewing breek 'n mens se hart! Maar tog belangrik om plekke te ondersteun wat steeds billike pryse hef en goeie diens lewer, soos Steenbokkie."
"Such an interesting, safe place and we loved our walk about town. We had dinner at The Rude Chef which is highly recommended. We hoped to leave via the Swartberg Pass, but that was closed because of heavy snow. Our drive via Klaarstroom and Meiringspoort was nevertheless spectacular with plenty of snow covered mountains!"
"Ons het oor die manjifieke Swartbergpas gery. Dit was so spesiaal. Nie baie ander verkeer. Dit was 'n sonnige dag, so die pad was rybaar."
"Ongelukkig was Vloedmuseum gesluit, maar kon met ervare inwoners gesels oor geskiedenis. Ongelooflike ervaring."
"Lieflike Karoodorpie as mens wil wegbreek van die gewoel van jou daaglikse lewe."
"Prins Albert sien ons weer - die kos, die karakter en die fietsry was uit die boonste rakke!"
"Was in Prins Albert vir Open Studios. Pragtige Karoo-dorpie met vriendelike en gasvrye mense. Heerlike aandete by The Rude Chef."
"Prins Albert is sielskos! Lieflike Karoo-dorpie, wat jou laat asemhaal en net weer ontspan en uitrus. Wonderlike bestemming vir ieder en elk."