Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Dullstroom

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dullstroom bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1294 resensies.

Dullstroom

Amber Collection

"'n Besige plek om in rustig te wees. Grootliks aangepas vir toerisme, van SA en internasionaal. Meeste plekke is troeteldier-vriendelik. Daar is baie om te doen vir volwassenes soos om deur winkels te loop, verskillende restaurante te probeer ens. Nie seker presies wat kinders sal doen daar nie, maar ek het ook nie probeer uitvind nie. Daar was tog kinders toe ons daar was. Elke plek is uniek. Die dorp voel nie soos die res van die politiek-bevange land nie. Die pad na Dullstroom is gemaklik en netjies."

Dullstroom

Critchley Hackle

"Lekker toerismedorpie. Bird of prey was definitely een van ons hoogtepunte gewees! Dullstroom is net verskriklik duur en pryse van alles is hemelshoog! Vat genoeg van alles saam by die huis! (Net 'n tip) Geen Spar en sulke winkels nie!"

Dullstroom

Kliphuisjes

"Winkels se inhoud was teleurstellend en min. Gaan gereeld deur Dullstroom en die diens by verskillende restaurante by verskillende geleenthede was skokkend en sleg. Kelners weet nie hoe om goeie diens te lewer nie!"

Dullstroom

The Beagle’s Nest

"'n Juweel van 'n dorp."

Dullstroom

Van de Poll Huis

"Dullstroom is a lovely pet-friendly town with great food."

Dullstroom

Cherry Leaf Cottage

"Wonderlike plek om te rus en wonderlike atmosfeer."

Dullstroom

The Beagle’s Nest

"Uitstekende dorpie vir 'n kort besoek. Die antieke winkeltjie het die beste fudge ooit! OH Fudge!"

Dullstroom

Miramichi Guest House

"Ons gaan al die afgelope 12 jaar Dullstroom toe, ten minste 1 keer 'n jaar, so ons geniet dit baie. Dis net die laaste 4 jaar wat ons honde het so ons probeer altyd akkommodasie kry wat dierevriendelik is en ons is baie gelukkig dat Dullstroom so dierevriendelik is. Dis die beste klein dorpie naby Johannesburg."

Dullstroom

Old Transvaal Inn

"Altyd 'n besonderse ervaring."

Dullstroom

Elandskloof Forel Plaas

"Love all the restaurants and activities in this small tourist town, Lovely place with beautiful surroundings."

Dullstroom

Treelands Abbey

"Alles is redelik duur in Dullstroom, seker maar a.g.v. toerisme en mense van oorsee."

Dullstroom

StoneFly Cottages

"Baie mooi en rustige omgewing."

Dullstroom

Amber Hill @ The Ambers

"Beautiful town. We had best dining experience at our doorstep."

Dullstroom

Bluebell

"Die dorpie is skoon en netjies wat beslis 'n pluspunt is. Lyk egter of daar 'n probleem met skoon water is so ek sal aanbeveel om maar gebottelde water te gebruik om te drink."

Dullstroom

Cherry Grove

"Lieflike dorpie met baie eetplekke. Dorp is skoon en winkels het 'n groot verskeidenheid items. Love die ligging en die dorpsmense is baie vriendelik en behulpsaam."

Dullstroom

Lakeside Chalets Critchley Hackle Lodge

"Dullstroom sal altyd baie spesiaal wees. Ek voel egter jammer vir die besighede wat erg getroef word deur beurtkrag. Ons hoop van harte dat Dullstroom altyd 'n idiliese wegbreekplek sal bly!"

Dullstroom

Le Rendezvous

"Die hele dorp is 'n toeriste-aantreklikheid! Baie lekker gekuier en baie doendinge! Heerlik gerus!"

Dullstroom

Lakeside Chalets Critchley Hackle Lodge

"Harry's Pancakes needs some serious attention, service is slow and the ambiance in the restaurant was dull and empty - they used to be a tourist attraction - very disappointed."

Dullstroom

Kliphuisjes

"Die swak wifi is uit en uit 'n Dullstroom-probleem. Die sein in die hele dorp is swak. Ons was op 'n Maandag daar en klomp besighede was toe, wat bietjie teleurstellend was."

Dullstroom

Windsong

"Mooi en lekker plattelandse dorpie met veel om te doen en sien."

Dullstroom

Lakeside Chalets Critchley Hackle Lodge

"Baie om te doen. Heerlike stemming. Fantastiese gholfbaan."

Dullstroom

Elandskloof Forel Plaas

"Dullstroom word baie besoek deur verskeie mense. Ons neem deel aan die TRAC N4 Rally al vir die laaste 4 jaar en sal vir seker volgende jaar weer daar wees!"

Dullstroom

Miramichi Guest House

"Great place thanks."

Dullstroom

The Rose Cottage B&B

"Uitstekend geleë, sal maklik weer besoek."

Dullstroom

Critchley Hackle

"Dit is 'n vreeslike mooi dorpie en heerlike wegbreek van die besige stads lewe."

Dullstroom

Stay @ 67

"Heerlik geëet by Mayfly Restaurant - kan hulle definitief aanbeveel. Uitstekende diens."

Dullstroom

Big Oak Cottages

"Ek dink die gastehuise moet bymekaar kom en probeer om die dorp se paaie te opgradeer. Alhoewel ons die dorp baie geniet en gereeld daar kom is dit of die paaie besig om agteruit te gaan en dit kan tot nadeel wees in die toekoms. Sekere gastehuise doen dit reeds soos in die geval van Big Oak Cottages en dit word baie waardeer, veral as dit reën soos die afgelope naweek."

Blad
Blad 6 - Wys 151 tot 180
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem