Geverifieerde Resensie
Hibiscus Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibiscus Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1527 resensies.
"Uvongo is lieflik met 'n Spar naby, 'n paar winkels om die nodige te verkry, en groot winkelsentrums en besienswaardighede is almal nie te ver weg nie."
"Ons was nie by Hibberdene se hoofstrand nie, ons het daagliks na Umzumbe-strand gereis wat so 5 km weg was. Umzumbe was skoon en ook nie té besig nie."
"Alles wat lekker is, is slegs 'n kort entjie se ry weg. Die strand net 1 km op van die woonstel was heerlik en ons het hom gereeld verkies bo ander meer bekende strande. Daar is 'n hele paar lieflike ander uitstappies binne 'n uur se ry vandaar."
"Pragtige, rustige strande met rotse vol klein getypoele waar mens talle klein seediere kan opspoor. Genoeg, veilige swemspasie beskikbaar."
"Uvongo is 'n heerlike vakansiedorp met baie winkels en restaurante en alles wat jou hart nog begeer. Die Uvongo-strand bied baie aktiwiteite en lekker eetgoed en daar is daagliks lifeguards op die strand tydens die high season. Daar is baie om te doen en te sien met nabygeleë plekke soos Margate, Ramsgate en Port Shepstone. Hierdie is beslis my nuwe vakansiegunsteling."
"The whole family prefers to visit again because it was fantastic and we enjoy it more than Uvongo."
"Baie netjiese en skoon plek. Daar is ook baie klein strandjies naby waarheen mens kan gaan as jy afgesonderd wil wees."
"Ek was jare terug daar. Dorpie het nie veel verander nie, maar die omliggende dorpies het heelwat te bied."
"Die paadjies in die omgewing is regtig nie baie goed nie. Glenmore Beach kan gerus meer doen aan onderhoud en instandhouding van die infrastruktuur."