Verified Reviews
Jacobs Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Jacobs Bay
Rated 4.6 out of 5 based on 413 reviews.
"Uitstekende plekkie om weg te kom van die stad se gevoel, maar ook naby genoeg winkels indien nodig!"
"'n Stukkie juweel van 'n dorpie aan die Weskus. Ongerep met die mooiste sonsondergange. Sentraal geleë en naby aan omliggende dorpe en groot stede. 'n Kusdorpie en vakansiebestemming wat enigeen se hart sal steel."
"Jacobsbaai is ongelooflik en ek glo meer mense moet die tyd vat om die Weskus te gaan beleef. Wit sande, blou, skoon see. En warm, vriendelike mense. Heerlik om te unwind na ‘n stresvolle jaar. "
"Nie vir mense wat 'n stad-omgewing soek met baie dinge om te doen nie. Jacobsbaai is stil en die natuurskoon asemrowend. Perfek vir boeklees, stap, draf en na die see kyk. "
"Jacobsbaai is prentjiemooi met veilige swemplek in die beskutte baaie. "
"Die natuurskoon is lieflik en die dorp is nog 'n bietjie stiller as die meer ontwikkelde plekke aan die Weskus."
"Stil dorp, egte Weskus-dorp, mooi uitsig, lifelike mense, aangename atmosfeer. Sal die plek baie beslis aanbeveel."
"Stil maar aangename plek. Pragtige wit gekalkte huise steek so mooi af teen die Weskus see en sonsondergang."
"Dis baie geskik vir besigheidsreisigers in die week en vir troues oor naweek. Daar is nie swembad of veel te doen so nie geskik vir kinders wat die ekstras verwag."
"As jy wil weg breek om te rus, is Jacobsbaai die plek om dit te doen."
"Jacobsbaai is 'n prag-Weskusdorpie wat jou verras wanneer daar telkens nog 'n stukkie seestrand en 'n volgende baai op jou wag. Stil, stylvolle eenvoud en nie-kommersieel."