Geverifieerde Resensie
Joubertina
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Joubertina bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 58 resensies.
"Pragtige, geskiedkundige dorpie met pragtige ou geboue and asemrowende uitsigte op die berge."
"Joubertina is 'n klein dorpie met interessante plekkies en mense. En natuurlik die pakstore waar jy kan vrugte koop."
"A very small town and not for the city people. However we found the place very calming and the people are helpful. "
"Dis 'n klein dorpie. Almal waai vir jou en nie te sleg met hul pryse nie. "
"Lekker om te verken en al die plekkies te ontdek. Daar is baie vriendelike mense wat jou verwelkom."
"Had a delicious meal at Diner 62, met and chatted to a resident, who gave us lots of history and interesting facts about the town. A visit to the Belfy Kitchen in Three Riviere is a must (about 2 km from Joubertina)."
"Baie klein, skoon en stil dorpie. Definitief 'n dorpie om stadig deur te ry op die R62 roete."
"Joubertina was an exciting and unique place to visit. However, we struggled to find food shops that were open."
"Baie interessant, rustig en stil maar baie kunstige mense en plekkies om te besoek. Wens ons kon langer gebly het."
"Soveel anders as wat ons verwag het. Mooi groot slaghuis en alles wat mens nodig het is in die mini mark. 'n Mooi boere dorp met vrugtebome en baie Toyota bakkies."
"Klein dorpie met 'n rustige atmosfeer. Jy gaan soontoe om van die stad af weg te kom. "
"Don't miss out on a visit to Kontrei Kombuis for the best "roosterkoek" ever! "
"Jy moet lief wees vir die natuur, son en buitelewe om hierdie juweel opreg te kan waardeer."
"Joubertina self is hie werklik 'n toerismebestemming nie. Daar is darem plek om brandstof te kry en 'n winkeltjie of twee om die nodige dingetjies te koop. Dis meer die Kouga-vallei rondom Joubertina wat die groot aanloklikheid is."
"Klein plaasdorpie. Ongerepte natuur. Pragtige plek vir die natuurliefhebbers. Sal net nie aanbeveel dat enige families na die restaurant The Belfry Kitchen toe gaan met klein kindertjies nie. Kinders is glad nie welkom daar nie. Mense is baie vriendelik en behulpsaam op die plaas. Die haaswinkeltjie verkoop heerlike beskuit en vyekonfyt."
"Ons verkies stiller agterpaaie en die minder gewilde bestemmings. Pragtige natuurskoon."