Resensies van Cape Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Karoo bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.33 uit 5 gekry volgens 814 resensies.
Ahraas E. - 21st August 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Not much to do.
Pietie W. - 21st August 2019
staying in Ladismith, Kaap Karoo
Het die poskantoor se "Sentrale sit my deur" vir die eerste keer in lewende lywe gesien!
Yaacov Francois H. - 20th August 2019
staying in Calitzdorp, Kaap Karoo
Ons was baie beïndruk met netheid in goedversorgde geboue!
Mike G. - 19th August 2019
staying in Tankwa-Karoo Nasionale Park, Kaap Karoo
The road in is a corrugated nightmare.
Ciska S. - 19th August 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Daar is so baie doen dinge. Besoek Die Blue moon (lekker melkkos) en die Strawberry moon (oulike presentjies). Die Jupiter (warm ontvangs) en ook die Mall. Die staproetes en Salt en natuurlik Jurg se sterrekyk! Die koue was 'n challenge, maar die maan en Saturnus se ringe het ons laat vergeet van koud kry.
Stiaan H. - 19th August 2019
staying in Laingsburg, Kaap Karoo
Goed vir oornag rus op pad Kaap toe.
Lourenta R. - 16th August 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Lieflike, skoon dorpie met die pragtigste sterrehemel!
Marius F. - 15th August 2019
staying in Prince Albert Road, Kaap Karoo
Fransie Pienaar-museum is 'n moet sien. Ou meule is weggesteek en moet sigbaar gemaak word met inligtingsborde oor werking. Mooiste deel van Swartbergpas is aan Prins Albert se kant van die berg. Wynproe en verkope was toe ná 13:00 en kan baie meer prominent wees om streek se wyne te bevorder. Geologie oor die streek kan ook meer prominent gemaak word. Kunsgalerye en eetplekke is goed beman en is 'n bate.
Bernise S. - 12th August 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
An old town, with not too much to do except look at the stars and it's all closed on a Sunday so make your trip the Friday/Saturday.
Eugene G. - 11th August 2019
staying in Tankwa-Karoo Nasionale Park, Kaap Karoo
Ons is net van mening dat die grondpaaie meer gereeld geskraap en herstel kan word om te verhoed dat die sinkplate op die grondpaaie so geweldig baie raak. Ons voertuie, hoe taai ook al, ruk uitmekaar en doen mense geweldig skade op. Ek praat nie van bandskade nie, maar geweldige meganiese slytasie en vibrasie-skade.
Tina S. - 11th August 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Dis 'n klein stukkie koue paradys met warm mense. Pragtige, vriendelike plek.
Marius F. - 10th August 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Naby Tankwa Park en Midddelpos asook bes bewaarde geheim: die mooiste bergpas in die wêreld, nl. Ganagapas. Sterrekyk Plantarium en Sterrewag asook Louwhuis 'n moet sien!
Eli B. - 9th August 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Netjiese dorpie met baie te doen. Nogal 'n stywe entjie vanaf die N1.
Jac D. - 6th August 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Sutherland hoort op enige reisiger se bucketlist!
Lizelle K. - 6th August 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Pragtige dorpie - "a must see"! Baie om te doen!
Kobus V. - 3rd August 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Tipiese Karoodorpie met baie beperkte aankoopgeleenthede. Strate was baie netjies en skoon en inwoners vriendelik. Winkels moet daaraan dink om sakkie plankies of fynhout saam met sakke hout te verkoop om vuur vinnig aan die gang te kry tydens sneeu/reënweer. Ons het tydens sneeu-neerval daar aangekom en die was onbekend, inwoners met privaat voertuie het so 10 km buite dorp motors ingewag en dan deur die draaie en afdraend tot in dorp geëskort, wonderlik om te sien daar word omgegee. Julle doen 'n wonderlike werk.
Jan En Dalien V. - 3rd August 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Hierdie dorp moet op elke Suid-Afrikaner se emmerlys kom. Dit is 'n belewenis.
Jan H. - 3rd August 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Was baie verbaas hoe netjies en groot die dorp is. Sal definitief weer 'n besoek bring.
Christa V. - 30th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Dit is 'n klein plattelandse dorpie met net die nodigste winkels. Die sterrewag is indrukwekkend. Die mense is baie vriendelik.
Tiekie V. - 29th July 2019
staying in Seweweekspoort, Kaap Karoo
Nie kontak gehad met ander besighede in hierdie omgewing nie. Die weer en tyd tot ons beskikking het nie toegelaat om meer plekke in die omgewing te besoek nie. Sal graag wil terugkom en nog wil sien.
Chetty . - 29th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Fantastic little town with so much history.
Niel V. - 27th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Ons het Sutherland vreeslik geniet en was baie gelukkig om die sneeu te kon beleef. Ons het heerlike boontjiesop met vetkoek by die Ou Meule geniet, maar daar was ook ander tradisionele geregte soos afval en skaapskenkel beskikbaar. Blue Moon se beesstert was uitstekend. Sutherland moet op elkeen se emmerskoplysie wees.
Linda F. - 22nd July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Visit to SALT for the evening tour was a big disappointment and waste of money. I would not recommend this excursion to anyone.
Gerrit D. - 22nd July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Bly minstens twee aande.
Tina-louise M. - 22nd July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Sterrrekyk was so spesiaal.
Barbara H. - 22nd July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Lovely, tranquil town. Recommend visits to SALT observatory, planetarium and dinner at Blue Moon restaurant.
Pieter S. - 19th July 2019
staying in Tankwa-Karoo Nasionale Park, Kaap Karoo
Fantasties - 'n moet vir enige avontuurlustige.
Vijay R. - 18th July 2019
staying in Laingsburg, Kaap Karoo
Beautiful place!
Pieter S. - 18th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Strongly recommend the Town of Sutherland as tourist destination. Visit to Southern African Large Telescope is a must!
Corrie N. - 18th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Vat ekstra warm klere saam! En nóg ekstra warm klere.
Lizette B. - 17th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Sutherland is 'n klein, ongerepte, plattelandse dorpie. Dit het 'n eie aardigheid wat mens kan waardeer, siene hoe afgeleë dit is.
Ester V. - 15th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
One of the coolest places!
Schalk S. - 15th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Interessante inligting met besoeke aan die besienswaardighede. Nul grade was toe nie só koud nie.
Carina B. - 13th July 2019
staying in Calitzdorp, Kaap Karoo
Calitzdorp is lekker vir etes en rondsnuffel, maar ek sal buite die dorp bly om die besonderse Swartberge te kan waardeer.
Viljoen V. - 13th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Ons was baie teleurgesteld oor die totale onbereikbaarheid van die persoon wat die NP van Wyk Louw huis aan belangstellendes moet wys. Haar nommer lui net en ons verneem toe by ander gaste dat dit die norm is. Die huis is 'n erfenis-skat en behoort beskikbaar te wees vir besoekers. Baie dankie aan die koster van die historiese kerk vir 'n wonderlike kerkgebou-toer en komplimentêre geskiedenis-oorsig van die dorp en kerk.
Marilee P. - 8th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Sterre en nogmaals sterre! Doen en kyk als oor die sterre. Gemaklik om oral heen te loop en te verken!
Marna V. - 8th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Ons sal weer Sutherland besoek.
Juliana G. - 8th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Dit is 'n dorp om een keer te beleef beslis.
Michael H. - 8th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
Ongelooflik, gaan elke jaar soontoe.
Colin K. - 7th July 2019
staying in Sutherland, Kaap Karoo
SALT is a must see!

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]