Geverifieerde Resensie
Cape Route 62
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Cape Route 62 bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 4931 resensies.
"De Rust is 'n juweeldorp in die Klein-Karoo en beslis 'n oorslaap werd. Ons het heerlik in die woonbuurt gaan stap; in Meiringspoort gaan draf en daar is velerlei interessante eetplekke."
Prince Alfred Hamlet, Kaapse Roete 62
Rhodene Farm Cottages"It is very close to Ceres and conveniently located."
"Moet beslis op jou emmerskop lys kom. Rustige plek met baie juweeltjies om ontdek te word."
"Pragtige, goed versorgde dorpie. Heerlike ontbyt by die Swartberg Hotel en uitstekende kos en diens by die La Di Dah restaurant. Pragtige winkeltjies. Absoluut die moeite werd om te besoek."
"Die dorpsdam (ongeveer 11 km buite die dorp) was mooi om te gaan sien. Die kerkklok lui nog soos in die ou dae op die uur. Die omgewing van Calitzdorp is asemrowend mooi met die berge wat dit omring."
"Prince Albert is epic, not sure how else to describe it. Beautiful, clean, friendly people and gorgeous gardens despite the severe drought. If you're road tripping through the Karoo you HAVE to visit here."
"Restaurant options perhaps a bit limited, but a charming place to stay for a night."
"Baie mooi. Uitsig op Route 62 is fantasties en die pad in 'n uitstekende toestand. Padstalle en winkeltjies baie mooi."
"Ons het die aand by die Bakhuis gaan eet, wat 'n baie aangename ervaring was. Ons kos was uitstekend!"
"Ons besoek McGregor ten minste een keer 'n jaar. Dit het 'n bedrywige, interessante, landelike gemeenskap wat jaloers waak oor hulle dorpie se karakter. 'n Besoek aan die donkie aftreeplaas is altyd 'n treffer. Daar's 'n eetplek, boekwinkel en mooi tuin, en borg 'n donkie."
"Ceres town itself does not offer that much for tourists and the websites were not helpful to find places of interest. It is a pity a place with such a famous name does not market itself better."
"What a fabulous little town with so much on offer. Will definitely be back for a longer stay. Gem of the Little Karoo!"
"Eerste keer in Robertson en dit is asemrowend mooi! Ek wil weer terug gaan, drie dae was te min om alles te doen en sien."