Verified Reviews
Cape Town
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Cape Town
Rated 4.7 out of 5 based on 4924 reviews.
"Definitief 5 ster-gehalte. Besienswaardighede uitstekend en hul maak voorsorg vir pensionarisse. Paaie en strate besonder skoon."
"Kaapstad sal altyd die ideale vakansiebestemming bly en Durbanville sal ek altyd aanbeveel as die perfekte area in Kaapstad om akkommodasie te bespreek. Mense is vriendelik, gasvry en die area is boomryk en netjies. 'n Mens wil amper nie totsiens sê nie."
"Dis beter om op 'n plek buite die stad te bly en stad toe te ry vir aktiwiteite en wat jy daar wil doen. Sal beslis nie weer in Houtbaai oornag nie."
"Daar was te veel om te doen, te min tyd. Die verskillende kulture het my so geïnteresseer. Kaapstad word definitief goed geadverteer."
"I'm not too keen on the wind but Cape Town is miles ahead of Durban and Joburg tourist wise - very tourist friendly from the parkades to directions, the restaurants and hop-on-hop-off bus - clean and safe. Can charge your cell or connect to WiFi inside (while eating and drinking) or outside while looking at the beautiful view!"
"Vriendelike mense en pragtige uitsig oor die see. Asemrowende plekkies om te besoek. Beplan mooi watter plekke jy wil besoek - daar is baie om te sien en ervaar."
"Daar was meer as genoeg om te doen en te geniet. Ons was net te kort daar om alles te kon gaan verken."
"Ek is van die platteland en is oor die algemeen mal oor Kaapstad. Sal elke naweek daar wou spandeer as ek kon."