Resensies van Kalahari

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kalahari bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.28 uit 5 gekry volgens 799 resensies.
Neels R. - 28th August 2017
staying in Kathu, Kalahari
Was goed ontvang en bedien in die Wimpy.
Fred B. - 28th August 2017
staying in Kalahari
Baie koud gekry!
Leon E. - 28th August 2017
staying in Kuruman, Kalahari
Kuruman het baie verander van die laaste tyd wat ek daar oornag het. Ongelukkig bied die dorp nie genoeg eetplekke om n ete te nuttig nie.
Paul B. - 28th August 2017
staying in Kakamas, Kalahari
Alle toeriste sal die omgewing interresant vind.
Ann-louise M. - 26th August 2017
staying in Groen Kalahari, Kalahari
Naby Augrabies Waterval. Mooi omgewing.
Christa V. - 24th August 2017
staying in Keidebees, Kalahari
Die straatname kan meer sigbaar gemaak word vir die toeriste.
Sannie M. - 23rd August 2017
staying in Kalahari
Baie bedelaars wat geld soek vir 'n broodjie. Bitter droog in die omgewing. Het die Afrikaans geniet.
Irma G. - 23rd August 2017
staying in Upington, Kalahari
Skoonste, mooiste dorp wat ons in 'n baie lang tyd gesien het. Mense baie beleefd en behulpsaam! Dankie.
Cornelis J. - 18th August 2017
staying in Augrabies, Kalahari
Pragtige omgewing. Die valle maar ook die wildpark beslis die moeite werd.
Riaan B. - 17th August 2017
staying in Upington, Kalahari
Upington beskik oor al die basiese geriewe waarvoor 'n "in - transito" reisiger of vakansieganger sou soek of 'n behoefte aan mag hê. Dit is egter teleurstellend om te sien hoe die eens nasionaal bekende en eweneens gewilde "Die Eiland Oord" agteruit gegaan het weens verwaarlosing en 'n absolute gebrek aan instandhouding van die basiese geriewe deur die Plaaslike Owerheid. Die toestand van die roete-aanwysers met aankoms of vertrek uit Upington is 'n skande. Dit is absoluut onleesbaar!
Annalien G. - 17th August 2017
staying in Kakamas, Kalahari
Ek hou baie van die Pink padstal.
Erik S. - 15th August 2017
staying in Kalahari
Gaan!
Doreen A. - 14th August 2017
staying in Kalahari
Die Kalahari het baie potensiaal en mooi landskap.
Jan G. - 13th August 2017
staying in Kalahari
Wonderlike plek met al die rooi duine. 'n Moet vir almal.
Corlet P. - 10th August 2017
staying in Blydeville, Kalahari
Nie regtig tyd daar kon spandeer nie, maar dit lyk na 'n goeie vakansiebestemming.
Marihan R. - 6th August 2017
staying in Augrabies, Kalahari
Pragtig, moeite werd om te sien!
Karin M. - 3rd August 2017
staying in Die Rand, Kalahari
Ons was in Upington. Upington is skoon en netjies, en het 'n vriendelike indruk geskep.
Riaan S. - 30th July 2017
staying in Groen Kalahari, Kalahari
Baie mooi omgewing en naby Witsand.
Kevin P. - 30th July 2017
staying in Augrabies, Kalahari
Augrabies is a long way to travel from Cape Town but well worth the trip. Apart from the falls, there are very interesting game drives and nature trails to explore day and at night.
Stoney S. - 25th July 2017
staying in Kuruman, Kalahari
Netheid van die dorp kan aandag geniet.
Geoff L. - 21st July 2017
staying in Keimoes, Kalahari
Moenie van KalahariVleishuis se Flip se Rib vergeet nie.Ook vriendelike ontvangs daar. Oranjerivier Wynkelder se ontvangs dame kon miskien bietjie meer behulpsaam gewees het. Ook meer entoesiasties.
Renata L. - 21st July 2017
staying in Kalahari
Dit bly ons hart se punt en ons wens ons kan elke vakansie daar deurbring.
Annamari D. - 20th July 2017
staying in Keimoes, Kalahari
Vriendelike mense en 'n goeie oorstop op pad Kgalagadi toe.
Birgit S. - 19th July 2017
staying in Kalahari
Silence! Nature! a lot of animals! Great for individual travelling!
David J. - 19th July 2017
staying in Groen Kalahari, Kalahari
Kan gerus meer tyd daar spandeer en die omgewing verken.
Rozanne W. - 16th July 2017
staying in Keimoes, Kalahari
Die padstal is a must visit. It is a very quaint town. With a nice farm-style feel. Orange river wineries. Riemvasmaak is close by and a must visit. Augrabies falls is a must stop!
Elza M. - 16th July 2017
staying in Kalahari
Ons kom weer!
Cobus M. - 16th July 2017
staying in Groen Kalahari, Kalahari
Nie almal se idee van 'n bestemming nie, maar ons is mal daaroor.
Floris V. - 10th July 2017
staying in Keidebees, Kalahari
Nie veel in die omgewing om te sien of te doen nie, maar lekker stop op pad erens heen.
Hans K. - 8th July 2017
staying in Augrabies, Kalahari
Ons het die ruheid van die terrein geniet. Die restaurant se koedoepastei was uit die boonste rakke, die springbok carpaccio ongelukkig nie.
Gerrit J. - 6th July 2017
staying in Riemvasmaak Streek, Kalahari
Ons hou gereeld vakansie in die Noord Kaap en omstreke en is nog nooit teleurgestel nie. Die mense is uiters gasvry.
Henri H. - 5th July 2017
staying in Groen Kalahari, Kalahari
Die natuurskoon is asemrowend.
Anlo D. - 29th June 2017
staying in Kalahari
Nie my tipe bestemming nie, verkies die son en die see. Beslis iets om te sien, vir 'n vinnige wegbreek.
Annie L. - 12th June 2017
staying in Riemvasmaak Streek, Kalahari
Ervaring soos min.
Joanne G. - 12th June 2017
staying in Kathu, Kalahari
Pragtige dorp en goeie vriendelike mense.
Hilary W. - 8th June 2017
staying in Upington, Kalahari
Upington has grown since we were here last (20 years ago). There is a great shopping mall and good restaurants.
Johan S. - 5th June 2017
staying in Blydeville, Kalahari
Lekker naby Kalahari Mall!
At V. - 29th May 2017
staying in Upington, Kalahari
Upington word heeltemal te min bemark. Daar is so baie om te sien en te doen langs die rivier. Groot besighede soos Oranje Wynkelder, KLK, SWK, Shoprite, Pick n Pay SPAT. Die plaaslike klein besighede behoort baie meer betrek te word om die skoonheid van Upington en die Noord-Kaap bekend te maak.
Hannes En Estelle V. - 26th May 2017
staying in Kathu, Kalahari
Kathu was vir 10 jaar ons blyplek in die '70s en ons wou gaan kyk hoe die dorp ontwikkel het. Die mynbedrywighede is baie besig en die natuur het baie verander agv die mynhope. Dit is egter die moeite werd om daar 'n draai te maak.
Willie S. - 26th May 2017
staying in Kalahari
Bly die mees besondere omgewing om te besoek. Die Kgalighadi Wildpark, asook Augrabies is 'n moet om te besoek.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za