Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 14650 resensies.

Aberdeen, Karoo

Aberdeen Self-Catering

"Rustige plek met die nodige oornagverblyf."

Prieska, Karoo

Kol-In Selfsorg Eenheid

"Prieska-omgewing is interessant, ek het net oorgebly vir die nag, daar is 'n groot aantal sonkragplase by Copperton 37 km weg asook windplase, netjiese skoon dorp. Ek is nie seker van die toeristebestemming nie, skynbaar baie jaggeleenthede in die omgewing."

Colesberg, Karoo

Coles Corner

"Baie mooi dorpie."

Hanover, Karoo

3 Darling Street Guest House

"Perfect sleep over destination."

Hanover, Karoo

Trappieskop

"Nie tyd gehad om meer te sien nie."

Merweville, Karoo

Die Ou Winkeltjie

"Vriendelike plekkie. Pragtige dorpie!"

De Rust, Karoo

The Travelling Tortoise Retreat

"If you're looking for a place to relax and destress, then this is the place. You can make a day trip to Oudtshoorn if you like or just stay and enjoy the views."

Merweville, Karoo

Die Botes Huisie

"Besoek die Boekklub, Karoo Blessings vir lekker nougat en lekker kuier met Mariaan en Suzanne. Draai by die kerk wat stunning is en ry deur die hele plek. Sal beslis weer hier kom besoek. Merweville is 'n great dorp!"

Beaufort-Wes, Karoo

Dreams

"Lekker restaurante en Chris Barnard museum."

Richmond, Karoo

Be Blessed Selfcatering

"We had a pleasant stay."

Gariepdam, Karoo

Gariep Inn

"Ons kies Gariepdam vir 'n oorslaap op reis na Kaap-provinsie."

Carnarvon, Karoo

Sandrivier Gasteplaas

"Carnavon lyk great. Het min tyd gehad, maar volgende keer kom ek met my vrou en dan gaan ons lekke kuier."

Aberdeen, Karoo

Die Dorpshuis

"My rustige geboortedorp. Argitektuur van die ouer geboue in die dorp is van hoogstaande gehalte. As jy wil ontspan en wegkom van die geroesemoes van die stad en Karoostilte wil geniet, is Aberdeen net die plek."

Loxton, Karoo

Oenabo

"Loxton is 'n pragtige plek met baie geskiedenis. Wanneer jy weer van noord na suid of van suid na noord gaan, beplan jou reis dan deur Loxton. Dis 'n asemrowende mooi dorpie."

Colesberg, Karoo

Kuilfontein Stable Cottages and The Paddocks

"Die dorpie lyk maar verwaarloos en of daar nie veel aangaan nie. Dalk kan gastehuise meer inligting gee oor besienswaardighede waarvan ons nie weet nie."

Victoria-Wes, Karoo

Karoo Koelte B&B

"Verwaarlooste ou dorpie, met baie bedelaars. Die munisipaliteit doen onreg aan die dorpie."

Nieu-Bethesda, Karoo

The Ibis Lounge

"Pragtige weggesteekte juweeltjie in die berge. Maak tyd om ten minste 'n dag daar te spandeer."

Colesberg, Karoo

Coles Corner

"Ideaal vir oorslaap na 'n lang rit."

Karoo

Wiida Gasteplaas

"'n Moet, geniet die stilte en oop vlaktes, dit is iets spesiaal en moet nooit haastig wees nie, neem net die mooi in!"

Karoo

Ploegfontein Guest Farm

"Beste oornagplek op pad Kaap toe, sommer 'n paar nagte."

Beaufort-Wes, Karoo

Die Nessie

"Although convenient, the town itself is very run-down."

Gariepdam, Karoo

A'Damsview

"A must see for all South Africans. Makes a road trip through the country worth it."

Prins Albert, Karoo

Casa Milorca

"The town is clean, and the Swartberg mountains a beautiful backdrop."

Britstown, Karoo

Elsa's @ 27

"Net oornag, nie tyd gehad om deur die dorp te ry nie."

Gariepdam, Karoo

Gariepview

"Die OK winkel is redelik goed met voorraad as jy iets sou kort."

Willowmore, Karoo

Royal Hotel Willowmore

"Ons was bevoorreg om die eienaar van die Royal, Jan Fokkens te ontmoet."

Beaufort-Wes, Karoo

Altyd Lekker

"Ideaal vir my om oor te slaap op 'n lang pad Plett toe."

Williston, Karoo

Karoo Huis

"Dit is maar dieselfde as die ander Karoo-dorpe in die omgewing. Die restuarant "Manna" was baie goed."

Graaff-Reinet, Karoo

Angora Rest

"Vreeslik warm en droog in die somer. Die dorp en handelaars is baie besig oor maandeinde en die ervaring kan onplesierig raak. Die museums en spesifiek Reinet Huis is 'n absolute juweel, skoon en personeel is baie behulpsaam. Daar moet egter ernstige werk gemaak word om die dorp se besienswaardighede toeganklik te maak vir persone wie se beweeglikheid beperk is en van rolstoele afhanklik is."

Blad
Blad 133 - Wys 3961 tot 3990
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem