Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11282 reviews.
"Middelburg is 'n oulike plekkie, maar ek weet te min omtrent Middelburg en omgewing om 'n ware opinie rakende Middelburg as 'n toeristebestemming te gee. Ek dink egter dat dit 'n ideale oorslaapplek vir die reisiger wat op pad see toe is."
"Die dorp self is nie netjies nie, maar daar is 'n baie lekker restaurant, Die Plattelander. Lekker etes, koue drinkgoed en goeie atmosfeer."
"Die mense daar is ongelooflik behulpsaam daar. Hul gaan uit hul pad om jou te help. En die beste ding daar is dat almal vir almal ken. Ons was verbaas dat almal vir almal ken en vir mekaar so omgee. Ons moet maar daar gaan leer by hulle. Baie dankie vir jul gasvryheid Philippolis. Julle is tops."
"Die koffieplekkie op die dorp moét besoek word! Snobs Coffee rooster-koffiebone op die perseel. Hulle bedien ook koffie uit die boonste rakke en heerlike ontbyt, koek, quiche en koffiebone of gemaelde koffie is ook beskikbaar. "
"Was so lekker om rond te stap en veilig te voel en almal is so vriendelik!"
"Doen moeite om die pragtige huise en geboue uit die verlede te besigtig. 'n Ete by die KaRoux Restaurant is 'n moet!"
"Baie mooi skoon en stil omgewing. Miskien sal meer inligting oor die dorp en omgewing bydrae om dit meer aantreklik vir dag-toeriste te maak. Die Britstown-Vosburg-Carnarvon-Williston-Calvinia roete bied 'n goeie alternatiewe roete tussen Gauteng en die Wes-Kaap, met Vosburg goed geleë vir oornag."
"Lovely little town. I loved the museum, very well curated and kept in good condition, with lots of information available - and bookstores a real treasure trove of books! "
"Dit het ons harte baie seer gemaak om te sien hoe droog dit is, maar ons het water saamgeneem, sodat ons nie die druk op die dorp vererger nie. Al was daar absoluut geen water nie, sou ons steeds daarheen reis."
"Vir die ski/motorboot-entoesias is daar genoeg om te doen en die restaurant Tjailatyd bied uitstekende diens, goeie kos teen baie goeie pryse!"
"‘n Besoek aan die karaktervolle dorpie behoort op almal se emmerskoplys te wees. Bly ‘n paar dae, die rustigheid en stilte is verslawend. Hier is nie brandstof of kitsbanke nie, maar die winkel hou voorraad van meer as net die basiese waarmee jy sal klaarkom as jy niks saamgebring het nie: gevriesde vleis, blikkieskos, meel, rys, vars vrugte en groente (beperk), vars melk, kaas, botter, koekies, roomys, lekkergoed, gebottelde water, ys, toiletware en skoonmaakmiddels, om net ‘n paar te noem."
"Baie oulike dorpie. Mens moet eenkeer in jou lewe op Williston oorslaap. Die stofstraatjies maak my rustig!"