Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11431 reviews.
"Die Plattelander Restaurant sal ek definitief aanbeveel. Puik diens en goeie kos!"
"Jou hart gaan uit na die mense daar wat tans groot droogte ervaar. Die gemeenskap vat hande en werk saam om die dorp skoon en netjies te hou en besoekers welkom te laat voel."
"Dis 'n klein dorpie. Almal waai vir jou en nie te sleg met hul pryse nie. "
"Unieke dorpie, met baie mooi, ou argitektuur. Alhoewel dit op die stadium baie droog is, is die natuur baie mooi in die Steytlerville-omgewing."
"Oulike dorpie, sal definitief die hotel wil uitprobeer as ons eendag weer deurry. Het al by The Old Mill coffee shop gestop op 'n vorige trip. Lekker stopover!"
"Middelburg is 'n oulike plekkie, maar ek weet te min omtrent Middelburg en omgewing om 'n ware opinie rakende Middelburg as 'n toeristebestemming te gee. Ek dink egter dat dit 'n ideale oorslaapplek vir die reisiger wat op pad see toe is."
"Die dorp self is nie netjies nie, maar daar is 'n baie lekker restaurant, Die Plattelander. Lekker etes, koue drinkgoed en goeie atmosfeer."
"Die mense daar is ongelooflik behulpsaam daar. Hul gaan uit hul pad om jou te help. En die beste ding daar is dat almal vir almal ken. Ons was verbaas dat almal vir almal ken en vir mekaar so omgee. Ons moet maar daar gaan leer by hulle. Baie dankie vir jul gasvryheid Philippolis. Julle is tops."
"Die koffieplekkie op die dorp moét besoek word! Snobs Coffee rooster-koffiebone op die perseel. Hulle bedien ook koffie uit die boonste rakke en heerlike ontbyt, koek, quiche en koffiebone of gemaelde koffie is ook beskikbaar. "