Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.
"Comparatively, a better place to Beaufort West. On an ongoing basis, the private and corporate sectors should be looking at the development, for example, in Nelspruit in order to upgrade and be considered for a longer period of holiday rather than just a stopover."
"Werklik 'n Karoodorp met baie karakter en baie om te sien en te doen. Hulle sien ons beslis weer."
"Hierdie Karoodorpie het jare gelede reeds ons harte gesteel. Sal altyd terugkom hierheen."
"Prince Albert was 'n verrassing. 'n Pragtige dorpie wat weggesteek is tussen die berge."
"Net bedoel vir oornag, maar probeer gerus die 4 Sheep Restaurant, dis die moeite werd!"
"As toeristebestemming is daar nie veel nie, maar as 'n tussenstop tussen Gauteng en die Weskus is dit ideaal. Die plek Karusaf op die dorp verkoop die lekkerste skaapvleis wat ek al ooit geëet het."
"Colesberg is good for night rest if you are travelling long distance. I don't think it's really a travel destination. "
"Ons het gewoonlik net in Graaff-Reinet gestop om brandstof in te gooi, maar om daar te oornag was heerlik. Die oulikste restaurante."
"Moenie net deurjaag op pad see toe nie. Vat 'n dag of twee ekstra en geniet die omgewing en die geskiedenis van die dorp."
"Rustige en skoon plattelandse dorp waar ons baie veilig gevoel het. 'n Lekker tuisnywerheid. Maaltye kan bestel word wat vir jou tuis afgelewer word. 'n Hele paar besienswaardighede om te besoek bv. Sir Lourens van der Post-gedenktuin, die pragtige histories kerkgebou, die ou tronk ens. Bestee minstens 'n dag daar."
"Geskiedkundige dorp wat goed omsien na sy ou geboue. Interessante museums, die moeite werd om te besoek."
"Baie mooi, netjiese dorpie. Die moeite werd om oor te slaap en hul restaurante op te soek en te besoek."
"Joubertina was an exciting and unique place to visit. However, we struggled to find food shops that were open."
"Willowmore is a beautiful town in the Karoo! You have to visit the town."
"Was verbaas oor die oulike dorp waar ons en sekerlik baie ander mense altyd net verby gery het en nie die moeite gedoen het om te gaan besigtig nie. Daar is ook baie eetplekke waarvan ons kon kies. Die Platteland restaurant het die lekkerste kos teen billike pryse. Sal in toekoms weer in Colesberg tuis gaan."