Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11282 reviews.
"Weg uit die stad uit met mense wat nog groet en vriendelik is wat nog hulle hoede afhaal en respek het. Baie lekker om te weet dat daar nog sulke mense is."
"Die oord het bietjie agteruit gegaan sedert ons laas daar was, maar nie so drasties soos die dorpie self nie. Ons sou graag wou sien dat die boonste dorpswembad weer is soos jare terug. Dis baie hartseer om 'n dorp waar soveel kinderherinneringe opgebou is net so verniel kan word."
"Hier is baie om te beleef. 'n Mens sou maklik 3 of meer volle dae hier kon bly om die dorp en sy omgewing te verken. Ons het veral die Vallei van Verlatenheid en die Kamdeboo park geniet. Nieu Bethesda was ook mooi om te sien. Reinett Huis is interessant maar ons sou meer van die geskiedenis van een van Graaff-Reinet se bekendste inwoners - Dr. Andrew Murray - wou sien. 'n Besoek aan die Te Water House (antieke handelaar) is beslis die moeite werd. Die eienares het ons allerhande staaltjies oor die dorp vertel."
"Britstown self is nou nie vir my 'n toeristebestemming nie, maar Sweetfontein wel."
"Dis 'n sjarmante skoon dorp met talle historiese besienswaardigede en natuurskoon. Oulike winkeltjies en puik restaurante."
"Die kwaliteit wat ons daar gevind het, is baie beter as in sekere stede. "
"Graaff-Reinet is mooi in die middel tussen Gauteng en die Oos-Kaap of Karoo. Die hele dorpie neem 'n mens terug na die 1920's, toe al die huise pragtig gebou is met pilare om stoepe by die voordeur, gevormde stoepdakkies, groot houtdeure en plankvloere. Ons slaap graag daar oor wanneer ons na die Oos-Kaap of Karoo reis."
"Interesting town where time stands still, friendly people! Nice gateway to the Baviaanskloof."
"Tipiese, hedendaagse plattelanse dorpie met vuil strate vol slaggate en bedelaars voor winkels. Geen behoorlike restaurante nie. "
"Great place! Country Hotel Laingsburg het top potjiekos! Probeer gerus die afval!"
"Doen gerus die moeite om die kunswinkels op te spoor in die klein strate vanaf die hoofstraat."
"It depends on what you are looking for. It's a beautiful small town with lots of history."