Geverifieerde Resensie

Karoo

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11282 resensies.

Colesberg, Karoo

Wolwefontein Lodge

"Ek sou dit net as oorslaapfasiliteit aanbeveel."

Prins Albert, Karoo

Wolvekraal Guest Farm

"Prins Albert is 'n baie mooi dorpie. Ons was ongelukkig nie betyds vir die Saterdagoggend mark nie, sou dit graag wou beleef. Die omgewing met sy berge het 'n groot bekoring! Ek sou toegang tot die Kokkedoorstoor wou gehad het, om bietjie daar te kan rondkyk!"

Willowmore, Karoo

The Willow Historical Guest House

"Lieflike dorp met baie interessante mense en winkels."

Richmond, Karoo

Be Blessed Selfcatering

"Richmond verdien om meer toeriste te kry. Oulike dorpie wat verken kan word."

Colesberg, Karoo

Horse and Mill Guesthouse

"Perfect stopover on a long trip to Cape Town."

Colesberg, Karoo

Onze Rust Guest House & Caravanpark

"Was nog altyd net goed as oornag plek. Sal nie weer gebruik nie en liewer ander dorp gebruik, of deur ry na bestemming, aangesien al die pryse in Colesberg gelaai is omdat hy aan N1 grens."

Hopetown, Karoo

Karoo Inn

"Dit sal help as reisagente en/of die gastehuise inligting beskikbaar het oor wat waar gekoop kan word, apteke, dokters ens."

Gariepdam, Karoo

View Lodge

"Indrukwekkend."

Graaff-Reinet, Karoo

KarooRus

"Baie besienswaardighede."

Carnarvon, Karoo

Lord Carnarvon Guesthouse

"Would definitely recommend!"

Graaff-Reinet, Karoo

Beau & I

"Dit is waarlik die juweel van die Karoo."

Colesberg, Karoo

Coles Corner

"We slept there on our way back again."

Karoo

Eselfontein Gasteplaas

"Moenie met sagte bande die grondpaaie aandurf nie, ek het 2 bande verloor!"

Graaff-Reinet, Karoo

Rietjiesbos Self Catering

"Verrassende omgewing met wat dit alles bied . Pragtige besienswaardighede en ongelooflike mooi historiese geboue om te sien."

Beaufort-Wes, Karoo

X Ventures

"Die diens van sekere kafees in die hoofstraat laat veel te wense oor. Diens in die Karoo Park is uitstekend."

Beaufort-Wes, Karoo

Die Kussinkie

"Lekker halfweg na die Kaapstad."

Gariepdam, Karoo

Gariep N1 Chalets

"Die dam self was 'leeg' gewees en die omliggende area was verlate. Ons het een dag gegaan na die Forever Resort in Gariep, en was die enigste gaste in die resort. Dit het gelyk soos 'n spookdorp. Ons het gewag vir die zombies om hulle verskyning te maak. Nie seker of dit was omdat dit buite vakansie seisoen was, dat dit so stil was nie. Die tennisbane, putt-putt en ander aktiwiteit-gronde was verwaarloos."

Colesberg, Karoo

De Vuur Gastehuis

"Baie lekker oornag bestemming."

Gariepdam, Karoo

View Lodge

"Gerieflike halfpadmerk."

Venterstad, Karoo

Gannabos Guest House

"Gannabos is in die distrik van Venterstad. Dit bied rustigheid en 'n gevoel dat sake goed bestuur word."

Beaufort-Wes, Karoo

Die Kussinkie

"Dorpie se geboue word mooi instand gehou. Skoon plek."

Colesberg, Karoo

Linda's Guest House

"Sal nie sê daar is iets vir toeriste nie. Maar dis 'n goeie oornag vir ry tussen Kaapstad en Johannesburg."

Beaufort-Wes, Karoo

Die Windpomp Guesthouse

"Goeie oornagbestemming. Heerlike etes by 4 Sheep Restaurant."

Colesberg, Karoo

Chrizaan Guest House

"Colesberg is 'n lieflike halfweghuis om oor te slaap tussen Johannesburg en Kaapstad. Ek het nie goeie karma met Beaufort-Wes nie, so ek sal liewers in Hanover of Colesberg oorslaap. Die Travalia Plaasstal was heerlik om by te stop, lekker koffie en springbok-kerrie gehad, en heerlike verskeidenhede van biltong en droë wors gekoop vir saamvatgeskenke. "

Colesberg, Karoo

Coles Corner

"Goeie plek om te stop op pad Kaap toe."

Prins Albert, Karoo

Aandrus

"Spandeer te minste 2 tot 3 dae in die dorp. Daar is baie om te sien, proe en doen."

Prins Albert, Karoo

Ta Mala's Self-Catering Cottages

"Wonderlike gasvrye mense en is die restaurante van 'n hoë standaard."

Graaff-Reinet, Karoo

Aan Die Oewer Graaf-Reinet Guesthouse

"Polka restaurant was 'n baie besonderse ervaring en die kaktus en vetplant kwekery was 'n groot verassing. Die museum uitstallings was baie goed en die mense baie vriendelik en hulpvaardig. Ons kon nie die kerk besoek nie want die dame daar was op die foon en het geen aanduiding gegee dat ons kon binnekom nie. Die ou historiese dorp was skoon en netjies ten spyte van die sigbare armoede van die mense. Dit was lekker om weer na 25 jaar daar te kon rondstap."

Blad
Blad 320 - Wys 9571 tot 9600
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang