Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11392 reviews.
"Britstown is baie klein. Vir die wat 'n klein dorpie ervaring wil hê is dit goed. Ons gebruik Britstown net as 'n half merk na ons volgende bestemming. Het nie veel ervaring van die dorp self nie. "
"Pragtige dorp, met pragtige geboue en winkels, vallei van Verlatenheid ongelooflike natuurskoon."
"Die ideale, skoon, stil, Afrikaanse dorpie om 'n reis van die Kaap na Gauteng met gemak te halveer."
"Ek sal dit nie as `n vakansiebestemming aanbeveel nie, maar dit is heerlik vir `n dag of twee, met klein Restaurantjies wat laat oop is en heerlike kos bedien, geleë tussen mooi bergkoppe en baie verblyf om van te kies. Dis ideaal vir `n oornag as jy op pad is Kaap toe, of van die Kaap af "Transvaal" toe."
"Beslis 'n dorpie met sy eie bekoring en potensiaal. Oor die algemeen kan n toeris veilig voel,wat n uitsondering in SA is. Die inwoners is gasvry en vriendelik. Restaurante bied waarde vir geld. Ons sou graag langer wou vertoef."
"Despite it being a fairly big town, it still had the old nostalgic and historical feel and offered many tourist activities, good food (including nice coffee shops)."
"We never really spent time in the town - only stopped over for one night. The accommodation was very good."
"Dit is 'n interessante ou dorp met baie ou geboue wat redelik goed instand gehou word. Dit is baie rustig met 'n mooi omgewing. Moet nie alle geriewe van groter dorpe verwag nie maar die belangrikste is beskikbaar en daar is 'n paar goeie eetplekkies om van te kies. Die ideale plek om rustig te wees en te rus."
"Op 'n Sondagmiddag is alles toe, tot die Spar. Pragtige ou geboue in hoofstraat."
"Dis pragtig daar en veral 'n heerlike bestemming vir watersportliefhebbers!"
"Ons was ook by die museum en was verstom oor hoe skoon die dorp is. Die winkels maak wel vroeg toe en daar is net 'n algemene koerantjie, ander koerante is nie beskikbaar nie. Agv die afstande is dit te verstane."
"Die paaie in en uit Nieu-Bethesda is alles grondpad, en mens kan nie vinnig ry nie. Jy ry deur wildreservate so mens sien heelwat wild. Daar is terug nie 'n vulstasie of OTM nie, so wees voorbereid."