Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.
"Ons was daarmee beïndruk dat besienswaardighede op 'n Sondag besoek kon word. Hekwag by ingang tot Vallei van Verlatenheid het ons gewaarsku dat ons weens mistigheid niks sou kon sien en ons het dus nie onnodige uitgawes en tyd bestee. Baie netjiese en skoon dorp."
"Steytlerville het 'n unieke voorkoms met die familiename wat deel is van die hoofstraat. Die hoofstraat was heel netjies. Die mense wat vir ons gehelp het, Dawid en Wally, was gaaf en ons is heelwat dankbaar aan hulle. Ons het aspris al die klein paaie gery sodat ons Suid-Afrika se klein dorpies kan ervaar en as dit is wat jy will doen as deel van jou vakansie, is Steytlerville nogal 'n plekkie vir 'n ruskansie."
"'n Sjarmante dorp met 'n lang en ryk geskiedenis. Besoek gerus die plaaslike Drostdy Hotel om een van die bes bewaarde historiese geboue in Suid-Afrika te waardeer. Keurige en stylvolle interieur versorg deur Stephen Falcke."
"Star gazing, the historic walk and the blacksmith's demonstration were memorable. We need to get back to do the geological walk, the ghost walk and to see the area in summer. "
"Verrassend om te sien dat hul die naam "Dot se winkel" behou het. Die paar straatjies waarin ons gery het was baie skoon. Ek het geen papiere of gemors sien rondlê nie."
"Het daar gebly vanaf 1975 tot 1979 - soos enige plattelandse dorpie is Carnarvon baie agteruit. "
"Daar is heelwat om te doen en te sien op Nieu-Bethesda en mens het meer as een dag nodig om alles in te neem. Ek beveel die bestemming vir baie mense aan om te gaan ervaar en ontdek."
"Britstown self kan seker aan hul 'image' werk. Die Karoo is 'n wenner."
"Almal moet ten minste een keer na Gariepdam gaan. Onthou net alles maak vroeg toe op 'n Sondag."
"Die Krip Restaurant was ongelooflik. Besonders anders met uitstekende kos. "
"As mens oor 'n naweek in Aberdeen oornag kan eetplekkies 'n probleem wees aangesien alles toe was. Gelukkig het ons heerlike vleis gekry om te braai by die klein kafeetjie en op die einde 'n feesmaal geniet. 'n Mens moet net voorbereid kom wat kos aanbetref. Ons sal weer daar oornag."