Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11336 resensies.
"It was a good experience for us as we got a guided dam wall tour on the same day we arrived. "
"Pragtige plek. Dit is net die baas van die Kaktuskwekery (tuin) wat nie 'n goeie ambassadeur vir sy dorp is nie. Hy het ons gevra om te loop want hy wil toemaak. Baie ongeskik! Ons het 13:30 daar gekom, volgens kennisgewing op die hek sluit dit eers 16:30. Ons was almal verstom oor hy so ongeskik is."
"Pragtige dorpie met vele bedrywighede in die onmiddellike omgewing. Meiringspoort is asemrowend mooi en die publieke badkamers is pynlik skoon en netjies. 1ste klas toeriste-aantreklikheid."
"Prins Albert het kompetisie hier! Perfek geleë om Meiringspoort, Oude Muragie en Seweweekspoort pas te besoek. Lekkerste omelette van ons lewe geëet by the Village Trading post."
"Nou nie regtig 'n toerisme-aantreklikheid van groot omvang nie, maar ideaal vir oornag op pad Kaap toe of terug."
"I wish we had wide streets in Kempton Park like they have Carnavon. It has a museum."
"Graaff-Reinet is inderdaad die juweel van die Klein Karoo - 'n plek waar 'n mens nie net moet oornag nie, maar waar jy jouself genoeg tyd moet gun om al die interessanthede te besoek en sommer net die dorpie met sy pragtige huisies te geniet."
"Dorp is netjies, Vallei van Verlatenheid was 'n belewenis. Resturante was van goeie gehalte."
"Ons het die gevoel gekry dat die dorpie vasgesteek het in 'n vergange era en al die ou artefakte val nie noodwendig in almal se smaak nie. Dit is vir mense wat wil teruggaan in tyd en wat hou van die eksentrieke."
"Fantastic stopover with lots to see and do in the area. A visit to the Gariep Nature Reserve is very enjoyable and a 4x4 is not a huge necessity."
"Behalwe vir enkele gastehuise en plaasverblyf (soos Rondawel), lyk die res van die dorpie maar ietwat "moeg en vervalle", niks in die dorp wat my sal lok om daar in te draai nie."
"Dit is 'n pragtige dorpie en die omgewing is net so mooi. Beslis 'n besoek werd!"
"Dorp het baie agteruit gegaan. Ons wou die Chris Barnard museum besoek, maar dit het onveilig gelyk."