Geverifieerde Resensie
Karoo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Karoo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 11431 resensies.
"Die Plattelander - beslis 'n plek waar jy moet gaan eet. Die skaapstertjies sal maak dat jy jou vingers afeet. Die dorp se strate is net baie vuil wat 'n jammerte is, maar aan gasvryheid en lekker eet is daar nie 'n tekort nie."
"Apparently the actual halfway point between Cape Town and Johannesburg which makes sense as a stop over if driving. Hanover itself, however, does not have much to offer, unless you can land yourself on a lovely farm, of which there are plenty."
"100% lekker geleë presies halfpad op N1 tussen Johannesburg en Kaapstad. Ek sal weer hier oorslaap!"
"Philipolis is een van daardie mooi klein dorpies wat meeste mense mis ry. Beslis die moeite werd om ten minste een keer daar verby te gaan as jy nog nie daar was nie."
"Mooi historiese dorp! Het oorslaap geniet. Nog baie om te sien as ons volgende keer kom kuier."
"Ek reken Willowmore se toeriste-aantrekking word onderskat. Ofskoon ons gedurende Nuwejaar daar was met baie verkeer na die noorde toe, bied Willowmore eintlik meer as wat 'n mens op die oog af sou dink. Met Baviaanspoort se toeriste-aantrekking en verblyf, gee die deurverkeer vir Willowmore ook meer besigheid. Daar is egter besienswardighede op Willowmore wat beter bestuur kan word - bv. die ou sinagoge wat vervalle is, kan opgeknap word. Die ou tronk is nie meer toeganklik nie omdat dit nou 'n gastehuis is."
"Pragtige plek om jou vakansie mee te begin of af te sluit as jy op pad Kaap toe is. Oulike winkels en restaurante in die dorp met 'n baie rustige atmosfeer. Slim dorp om jou laaste vars kos te koop as jy oorgeslaap het in Graaff-Reinet."
"Pragtige stad, dis goed om te sien dat daar nog mense is wat omgee oor dele van ons land."
"Ons verkies stiller agterpaaie en die minder gewilde bestemmings. Pragtige natuurskoon."
"Lieflike dorpie, met pragtige huise, mooi winkels, restaurante met goeie kos, en gawe inwoners."
"Ons het nie te lank in Victoria-Wes gebly om 'n goeie objektiewe skryfstuk te gee oor die area nie. Ek kan wel noem dat dit baie plattelands is."
"Klein dorpie waardeur gery word op die N1. Besoek gerus 4Sheep as julle oorslaap."
"Probeer gerus aandete by die Hotel. Dit is onder nuwe bestuur en die kos is heerlik en die hotel is pragtig gerestoureer. "
"Was jammer dat die kleiner snuffelwinkeltjies toe was weens 'n besige seisoen 'n Mens sou gehoop het dat dit wel nog oop is vir die besoekers. Die historiese geboue is moeilik om op te spoor - 'n pamflet wat 'n duidelike kaart op het met 'n bietjie geskiedenis van die geboue en waar hulle is sal voordelig wees. "
"Maak seker om 'n draai by die boekwinkel te maak, dis die moeite werd. "
"Dit was ons eerste besoek aan Prins Albert en ons het dit regtig geniet. Alhoewel ons daar was oor 2 vakansiedae, en meeste plekke toe was vir besigheid, het ons dit steeds geniet. "
"Die rede waarom ons by Nieu-Bethesda aangegaan het,was hoofsaaklik die Uilhuis (Helen Martens). Ons het die Uilhuis baie interessant gevind en was verras deur die res van die dorpie en sy mense. "
"Die fossiele wat daar gevind word is interessant, en uiteindelik het ons ook die uilhuis gesien."