Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11422 reviews.
"Daar is net iets anders aan die Karoo. Die reuke, die wind, die plantegroei en dierelewe, en die sonsondergange groei op jou."
"Mees pragtigste dorpie, so skoon met sulke oulike restaurante en winkeltjies. Probeer gerus 'n ete by die Swartberg Hotel en lekkerste melktert by Lazy Lizard. Sien ons beslis weer"
"Colesberg is 'n goeie plek om 'n tussenstop te maak, maar nie 'n plek om 'n paar dae as toeris deur te bring nie."
"Colesberg is maar net 'n halfway stop tussen PTA en die Kaap, nie veel anders te doen nie, baie vriendelike mense"
"Het dalk bietjie min tyd gehad om Williston meer te verken - so nou dat ek weet waar om te bly, sal ek graag meer van die toere in die omgewing 'n kans gee."
"Very interesting historical buildings that are well preserved. A nice little museum and old buildings that can be visited. The town has character."
"Dit is 'n plek wat mens in jou leeftyd wil sien en nie noodwendig weer na sal terugkeer nie."
"Die mense in Beaufort-Wes maak die dorp nog meer spesiaal. Almal is vriendelik en ongelooflik behulpsaam! 4 Sheep is 'n moet-stop vir heerlike ete en oulike winkel waar jy van lekkerny tot skaapkoppe kan aanskou! Joe's Diner by die Savoy neem mens terug na die ou dae en Donkin Deli se ontbyt is hoogs aan te beveel. Beaufort-Wes is ALTYD 'n hoogtepunt op ons reis van die Kaap na die binneland en terug!"