Verified Reviews
Karoo
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Karoo
Rated 4.2 out of 5 based on 11278 reviews.
"Hanover is 'n oorblyfsel van 'n baie ou wêreld. Die kerk is beslis die moeitewerd met sy besonderse boustyl en houtwerk aan die binnekant. Hanover het die mooiste huise en fotoneem-paradys met sonsopkoms. Draai beslis af vir die bekoring vanaf die N1."
"Dit sal lekker wees as winkels en galerye bietjie later oop kan wees veral op 'n Vrydag wanneer so baie mense die dorpie besoek. Dankie dat alle besighede werklik moeite doen (veral die restaurante) om gedurende die kragonderbreking oop te wees en dat mens steeds heerlik kon gaan uiteet."
"'n Ligpunt van ons verblyf op Williston was die wonderlike restaurant, Manna, waar ons aandete en ontbyt geniet het. Die diens is briljant, die kos heerlik en Nisi het ons soos goud behandel. Die restaurant is een van die beste plattelandse plekkies wat ons al ooit op afgekom het, 'n versteekte juweel."
"It was very wet when we arrived at Graaff-Reinet. The town seems to function well with a variety of businesses. We did come to the conclusion that it was best to drive to places withing the town rather than walk from a safety perspective - just one too many opportunists hanging around hoping for a handout. The town was neat and clean and generally created a good impression."
"Nie gerig op toerisme nie, eerder 'n oornagbestemming vir Gauteng en Wes-Kaap. Min tot geen aktiwiteite beskikbaar gewees in September-skoolvakansie nie tensy jy by Forever Resort bly."
"Wonderful place. Met all our expectations. The owner of the coffee shop opposite the church was most helpful in terms of local attractions."
"Een van die mooiste dorpe in die Oos-Kaap. Die mense is vriendelik, gasvry en warm van hart!"
"Graaff-Reinet het sy outydse prag verloor soos enige ander kleindorpies regoor die land, Wes-Kaapse dorpies uitgesluit."
"Baie mooi uitsig oor dam. Skoon. Vriendelike personeel by Rustiq Restaurant. Heerlik ontspan tussen goeie mense."