Resensies van Keimoes

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Keimoes bespreek het.

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 88 resensies.
Ansu E. - 8th September 2019
staying in Keimoes
Keimoes is 'n pragtige omgewing en ek dink dit sal nog mooier wees in die somer wanneer die wingerde groen is. Dit is ook sentraal geleë indien mens die ander toeristebestemmings van die omgewing wil besoek. Ek het nooit op enige stadium onveilig gevoel nie.
Jan K. - 6th August 2019
staying in Keimoes
Pragtige landelike omgewing, veral gedurende die druiwe seisoen.
Charlene J. - 16th July 2019
staying in Keimoes
Onthou dat die restaurant Maandae 14:00 sluit en vooraf reëlings getref moet word vir aandete.
Rina C. - 11th July 2019
staying in Keimoes
Baie oulik. Heerlik geëet.
Mogamat L. - 5th July 2019
staying in Keimoes
Toeristevriendelik.
Marina V. - 18th June 2019
staying in Keimoes
Pienk padstal is 'n moet vir kerrie vetkoeke.
Suzan C. - 29th May 2019
staying in Keimoes
Ek het verlief geraak op die dorp. Sal beslis weer 'n draai maak.
Aletta N. - 21st May 2019
staying in Keimoes
Die vriendelikste mense.
Dirk V. - 12th May 2019
staying in Keimoes
Keimoes is just a little village in the Karoo but conveniently located to visit the Augrabiese Falls and the agriculture plantation along the Orange River. Amazing to see the vineyards and citrus plantations producing raisins, table grapes and oranges for the world market. World class irrigation schemes. Very impressive.
Iselle C. - 9th May 2019
staying in Keimoes
Do not miss the Keimoes Padstal on the main road. It is simply amazing!
Deon V. - 9th May 2019
staying in Keimoes
Mooi dorp.
Hennie V. - 8th May 2019
staying in Keimoes
Keimoes bly drop van my hart.
Pieter J. - 1st May 2019
staying in Keimoes
Dis nog 'n stil rustige dorp.
Bernard M. - 23rd April 2019
staying in Keimoes
Good number of memorable sites and visiting venues.
Koos B. - 1st February 2019
staying in Keimoes
Baie mooi plattelandse dorpie met baie vriendelike en hulpvaardige inwoners.
Mark M. - 9th January 2019
staying in Keimoes
Mooi, mooi, mooi!
Mariette F. - 7th January 2019
staying in Keimoes
Beslis meer te sien, te doen en te ervaar as wat mens verwag!
Mari B. - 5th January 2019
staying in Keimoes
Ek dink nie die dorp is werklik 'n vakansiebestemming nie, maar voorwaar 'n perfekte dorp om te oornag en route na die Weskus, of blommetoere, ens. Baie mooi wingerde en die Oranjerivier kronkel stadig deur die dorp. Interessant om dit te kan ervaar. Naby die Augrabiese watervalle.
Cindy N. - 4th January 2019
staying in Keimoes
Keimoes is 'n wonderlike plek met wonderlike mense. Ons beplan ons vakansie weer in die toekoms in daardie rigting. Sal Tkabies en Keimoes aan enige persoon aanbeveel. Tkabies se diens/waarde is besonders vir enige reisiger en toeris.
Alida V. - 6th November 2018
staying in Keimoes
Keimoes se mense maak dit besonders. Augrabies en Kakamas met sy ruimtes is een van God se mooiste skeppings!
Janine S. - 29th October 2018
staying in Keimoes
Baie warm, maar het die vriendelikste mense.
Maxie N. - 10th October 2018
staying in Keimoes
Heerlik by Keimoes gekuier, jammer sou langer wou bly.
Nico J. - 28th August 2018
staying in Keimoes
Die waterwiel kan beter opgepas word en nie tot niet laat gaan nie. Die bedellende jeug kan dalk ook beheer of besig gehou word.
Jenni V. - 17th August 2018
staying in Keimoes
Baie agteruit gegaan. Die dorp is nie skoon nie en is nie veilig om laat in die middag daar rond te stap nie.
Elsabe J. - 2nd July 2018
staying in Keimoes
Pragtige skoon dorpie met pragtige omgewing wat beslis 'n besoek werd is. Naby die roete na Augrabies en Kgalagadi Nasionale Park.
Marius P. - 29th June 2018
staying in Keimoes
Infrastruktuur in dorp is 'n gemors. 'n Artikel in 'n tydskrif het dit na klein oase laat klink. Kon feitlik geen besienswaardighede vind nie.
Lindy C. - 25th June 2018
staying in Keimoes
Wonderlik om die rustigheid en skoon dorp te kon waardeer.
Alta B. - 24th June 2018
staying in Keimoes
Vriendelike mense en heerlike droë vrugte!
Steven B. - 12th June 2018
staying in Keimoes
Meer eetplekke sal aangenaam wees.
Willem V. - 9th May 2018
staying in Keimoes
Dorp kan beter bemark word. Dele van die dorp is ook baie vuil. Daar sal ook gekyk moet word na veiligheid in die dorp.
Johan M. - 4th May 2018
staying in Keimoes
Was verbaas oor hoe groen en mooi dit daar is.
Hennie L. - 26th April 2018
staying in Keimoes
Ons gebruik net as oorslaap met Kgalagadi as eindbestemming.
Sarel H. - 8th April 2018
staying in Keimoes
Keimoes het baie besondere toeriste-besienswaardighede. Vir sommige daarvan moet jy maar bietjie moeite doen en rondvra. Die mense is baie vriendelik en vertel graag van hulle dorpie.
Regardt B. - 2nd March 2018
staying in Keimoes
Keimoes is so 'n mooi deel van ons land. Net jammer dat, soos met so baie ander dorpe, die munisipale dienste net nie meer op standaard is nie. "Plastiekblomme" (rommel langs die pad) doen dit net nie vir ons nie. Ons bly egter hoopvol dat 'n kultuur van omgee vir die natuur en omgewing by alle inwoners van hierdie mooi land sal posvat. In die kusdorp waar ons woon, dra ons 'n rommelsak saam wanneer ons gaan stap en spreek rommelstrooiers vriendelik aan wanneer hulle mors. Hopelik maak ons hierdeur self 'n verskil.
Hildegard D. - 15th February 2018
staying in Keimoes
Baie goeie droëvrugteplek.
Deon B. - 11th February 2018
staying in Keimoes
Ek weet daar is meer te doen en te sien, maar dit is nie opsigtelik nie. Sigbare (above line) borde sal beter werk - nie almal ry deur die plekkie met hulle slimfone aan nie. Ek is lief vir die wêreld en ry graag deur Keimoes, maar weet nog steeds nie regtig wat daar is om te doen en te sien nie.
Elmarie J. - 30th January 2018
staying in Keimoes
Op 'n Sondagaand was dit baie moeilik om geholpe te raak vir ete.
Eugene K. - 30th January 2018
staying in Keimoes
Keimoes se mense is ongelooflik vriendelik en ons kuier daar was baie aangenaam. Gaan drink 'n dop in die hotel en gesels met Antie Jeanette oor die dorp se geskiedenis en besienswaardighede. Ons sal volgende keer langer wil bly.
Jacoline J. - 16th January 2018
staying in Keimoes
Oulike padstal om die draai.
Leon L. - 9th January 2018
staying in Keimoes
Die wingerde in 'n andersins woestyn land maak dit 'n unieke belewenis. Jammer dat dit, soos bykans alle plattelandse dorpe in Suid Afrika (sowel as Namibia), so besoedel is met plastiek en papier en bottels ensomeer.

Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za