Verified Reviews
Lamberts Bay
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Lamberts Bay
Rated 4.3 out of 5 based on 989 reviews.
"It was amazing to see the local fishermen come back from their day of fishing and selling their fish at the harbour. We felt save to walk he steers. There is a lot of dogs roaming free, some homeless, some just chilling around with their owners. "
"Enige toeris moet hulself die guns doen en daar gaan inloer. Ons sal beslis weer!"
"Dis lekker wegbreek van die stedelike gejaag en rumoer. Lekker visvang-area en die pragtigste blou water en wit sand. "
"Isabella's Restaurant en Muisbosskerm kan regtig aanbeveel word. Puik kos en diens."
"Lambertsbaai is, ek dink, een van ons juweel kusdorpies. Diegene wat nog nie daar was nie moet beslis 'n plan maak en dit gaan besoek. So móét julle ook by Muisbosskerm gaan eet as julle daar is. Die kosse wat daar voorgesit word is van die beste en die kos bly net kom, een bak na die ander. Eet asb net bietjie vir bietjie want daar is soveel disse en geregte wat voorgesit word dat jy later nie meer kan eet nie, maar dit lyk so lekker jy wil net nog en nog he. Puik diens en asemrowende disse na my mening."
"Restaurante bedien die lekkerste kos. Die Malgas-eiland is iets om te besoek - indrukwekkend. "
"Lambertsbaai is 'n wonderlike bestemming om vakansie te hou, as jy soos ons hou van rus, vrede, saligheid, blou water en wit strande. Dit is 'n plekkie waar jou siel kan asem haal en jy weer tot jouself kan keer. Sal enige tyd Lambertsbaai aanbeveel as 'n vakansiebestemming."
"A lot more quiet than expected. Not a bad spot at all it’s just not my type of place. I prefer a bit more action. "